Die Afrikaanse Forum

Ons Publiseer Saam => Boek 2 - bespreking deur almal => Topic started by: PM on July 10, 2013, 03:34:34 PM

Title: Kostes vir Volmaan...
Post by: PM on July 10, 2013, 03:34:34 PM
Ek het vandag 'n ander drukker gesien met die hoop dat hy dalk vir ons die boek goedkoper kan druk.
Seg hy, ons kan baie dankbaar wees vir die prys waarteen ons die boek koop, sy kostes daarop sou dubbel gewees het.
Dit is dan dit, jammer julle ouens, ek het probeer. 
Title: Re: Kostes vir Volmaan...
Post by: Fransi on July 10, 2013, 07:42:02 PM
Dankie PM vir al jou moeite.
Title: Re: Kostes vir Volmaan...
Post by: PM on July 11, 2013, 08:36:26 AM
Fransi, hy het ook 'n mooi kompliment gegee, seg hy ons het 'n WOW-WOW boek!  :hello2:
Title: Re: Kostes vir Volmaan...
Post by: Meraai vannie Baai on July 11, 2013, 10:49:19 AM
Trippel ekke diekant 'n foxtrot  :love7:
Title: Re: Kostes vir Volmaan...
Post by: Fransi on July 11, 2013, 03:16:37 PM
 :hello2:
Title: Re: Kostes vir Volmaan...
Post by: PM on July 12, 2013, 09:32:49 AM
Ek weet almal lag al vir my oor my proefboeke wat nie 'n einde kry nie,  MAAR  ons het gister die finale proefboek laat druk.  No 4. Kaggelvuur is op 130gr papier gedruk en ek was heel tevrede daarmee en wou daarby hou, maar dit het net nie goed gelyk nie en moenie my vra hoekom nie, want ek weet nie. 
Gister het Breyten vir my Volmaan op 150gr papier gedruk (op sy aanbeveling) en lyk dit nou  MOOI!   :hello2:  NOU  is ek tevrede!   :headbang:


Title: Re: Kostes vir Volmaan...
Post by: Angelica on July 13, 2013, 11:20:15 AM
Kannie WAG om my boek te kry.
Kannie WAG nie.
Daai koeriertjie moet die wiele laat sing en klaar.  Ek wil daai boek vashou.
Title: Re: Kostes vir Volmaan...
Post by: Ah Willa on July 14, 2013, 04:01:42 AM
Dankie vir alles wat jy doen vir die boek PM - jy is 'n ster!!

my stiltes is maar groot en deels Theo ... hy gaan darem Maandag weer skool toe ...

ons was ook vir 'n ruk van alles gesny - telefoon/interent ... maar met genade van Bo is dit nou weer alles beskikbaar.  Couple trek die week finaal uit die woonstel en dan sal ons oor trek ind ie woonstel sodat huis skoongemaak kan word op verkoop te word ... so as ek te min hier is ... dan weet julle hoekom ...

maar ek glo dat ek van die kommende week sekerlik weer meer gereeld 'n kansie sal kry om in te loer