Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: Meraai vannie Baai on October 29, 2012, 05:06:51 AM
-
Die eerste naweek wat ons almal afgehad het en bymekaar kon kom,
het 'n handjievol familielede 'n boerefees in Ausiestyl gehad.
Dit was 'n ware fees. Eenvoudig, maar soooooo gesellig en liefde wat
gestraal het uit die gewillige siele se hande. Gelag was daar baie!!
Skoonseun het sy 'kraan' huistoe gebring en die brawes het 'n beurt gekry
om vanuit die lig te loer na die omgewing ... vir my was dit 'n wonderlike geskenk
om deel van alles te kon wees.
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Thisiswhereithappened.jpg)
So tussendeur het die gewoel begin om alles reg te kry
vir die feestelike familiekringetjie se saamkuier.
Al die gewillige hande was ingespan LOL.
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Marinabeginmetversiering.jpg)
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Voorbereidingsinvolleswang.jpg)
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Besigebytjies.jpg)
Outoppie en onse jongste was in beheer van die kleuterskool
waar self feesgevier en bederf was!
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Prinsessievierfeesenprinsiewordgevoer.jpg)
*ek kry nou net hierdie fotos vasgesit. Program het gestaak. Gaan weer probeer vir die res :crybaby2:
So ja. Ek is terug :toothy4:
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Almalsithandjieby.jpg)
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Famsetafel2.jpg)
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Familietafelsevoorbereiding.jpg)
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Brideandgroom.jpg)
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Opdieveranda.jpg)
En toe is dit tyd vir aansit en die groot plaaskuier. 'n Boere 'onthaal' vir Meisiekind en kie.
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Wheresthegroom.jpg)
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Heildronk.jpg)
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/troukoek.jpg)
-
Baie dankie vir die deel hiervan Raaitjie. Dit is heerlik om saam te kuier. Ek wag geduldig vir die res hoor.
-
So pas geplaas matertjie. Lekker om jou hier raak te kuier :love7:
-
Ons kinders het klein en groot, 'n DING vir daai gloeiende liggie goeters :icon_biggrin: en selfs op die feestelike geleentheid het hulle gegloei! Eerste ding wat gelaai word as die aankope vir 'n partytjie of samekoms gedoen word. Mum, can we please have glowing sticks on this party too?? Meisiekind het haar nie twee keer laat nooi nie. En nou spog hulle kleurvol vir ewig hehehe.
-
En vir jou matertjie. Dit is altyd die moeite werd om so byeenkoms te "bewerk". Mooi herinneringe en foto's vir more. Die "gloeiwurmpies" het nogal 'n indruk gemaak. Baie oulike idee.
-
Ek sal nog kort-kort terug kom want ek sien so baie. Het die kraan in "mandjie" waarmee die ouens opgaan?
-
So bly ons kon dit doen PM. Wou net 'n saamweesfees he. En ons het so gemaak. Elke sekond so dankbaar gekoester :love7:
-
Ja dit het so staalmandjie waarin die brawes kon vasklou aan mekaar :icon_biggrin:
-
Dit moes nogal 'n ervaring gewees het. Baie hoog!
-
Ongeloooflik hoog. Skoonseun het nie die hele gedoente ontplooi nie maar dit wat ons gesien het was genoeg om my hoogte te vrees te gee deur net op te kyk. Gaan gou een foto soek waar Outop kamera dwars geswaai het en die hele ding ingekry het hoor.
-
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03616.jpg)
Daar's die gedoente, vaderland ek word seesiek net om op te kyk selfs na die sneppie LOL!
-
En hier is ons ou prinsie en sy nuwe niggietjie :love7:
Hulle wou net troukoek eet, maak ouma maar ander plan
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/MiniOupaenOumatjie-1.jpg)
-
Hierdie is opvreetgoed! Jitte Raaitjie, kyk hoe vlieg die tyd! Die foto is pragtig! Voorwaar 'n skatkisitem.
Hie-hie, dieselfde ding het deur my gedagtes geglip. Sê-nou-net...
-
So mooi en kosbaar.
-
dit lyk heerlik en vrolik :toothy4:
-
Dit was heerlik en vrolik Willa. Sonder enige fensie gedoentes of rituele, net saamgekuier en baie baie gelag. Meisiekind se cowboy is nie een vir arighede. Hoe eenvoudiger hoe beter. As hulle net op die perd se rug oor 'n ding kon spring sou sy dag volmaak alreeds gewees het, maar die twee skoonsussies wou so graag vir haar 'n tafel dek en dit het hulle heeldag plesier verskaf en besig gehou :hello2:
-
ooo dis so kosbaar, dankie dat ek kon saamkuier
dit is juis daardie beplanning en voorbereiding wat so lekker is [duhhh, en vir soveel kommer sorg]
:grommit:
-
'n Mens wil mos hê alles moet presies volgens plan verloop en komkommer so baie.
Die snaaksigheid is dat niemand ken die plan nie en as iets anders is dan weet net jy daarvan. :icon_biggrin:
Die lekkerste is so 'n familiebyeenkoms. Almal lief almal en aanvaar alles met liefde, net soos dit kom!
-
'n Mens wil mos hê alles moet presies volgens plan verloop en komkommer so baie.
Die snaaksigheid is dat niemand ken die plan nie en as iets anders is dan weet net jy daarvan. :icon_biggrin:
dis presies wat iemand hier ook aan my genoem het... :toothy4: en dis waar, selfs goed wat ek vergeet het, weet net ek van.
:grommit:
-
Ag my lief matertjie, al wat saak maak is dat alles goed afgeloop het. Ek is so dankbaar dat jy 'n wonderlike dag gehad het en dat jy gelukkig is. Hier is 'n spesiale drukkie vir jou omdat jy 'n spesiale maatjie is! Jy is my sustertjie!
Ek lief jou!!!!
-
:love7: + :coffee2: = :toothy4:
-
Die liefde in ons ou kringetjie hier op die forum bly my kosbare besitting. Lees ek nou weer en loer saam oor 'n besoeker se skouer. Sooooo verlig vanaand. Woorde kan dit nie beskryf nie :love7:
-
Liefde is salf vir baie sere.
-
Al vyf-plus jaar gelede .... hoe groot is hierdie kleingoed op die foudies nie nou al nie .... :angel8:
-
Ja kyk nou net hoe vlieg die tyd.
So tong in die kies dink ek altyd hoe "groot kwessie" dit was as ons by Woes 'n komtaartjie by 'n ander onderwerp gelos het. Is dit nie heerlik om Vry te voel om te plaas net sommer waar jou gedagtes ontpop nie.