Author Topic: Hoe spandeer jy jou tyd  (Read 3269 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Hoe spandeer jy jou tyd
« on: January 22, 2013, 07:08:43 PM »
Ek seg altoos, solank as wat jy besig is om ander te veroordeel, het jy nie tyd om hulle lief te hê  nie.  Een of ander dikbrilboepensoom het dit seker al gesê, maar ek lief dit.  As jy jou tyd verwyl deur ander te kritiseer en hulle foute uit te wys, het jy nie juis tyd om hulle goeie punte raak te sien nie.  Kom ons begin by mekaar se goeie punte.  Daar is regtig meer goed as sleg. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Hoe spandeer jy jou tyd
« Reply #1 on: January 22, 2013, 11:33:55 PM »
Nog 'n AMEN sustertjie!  :love7: as ons dit begin toepas sal die lewe 'n meer aangename speelgrond word!

Moet net hierdie gou deel met julle. Ons oudste seun het gister verjaar en om dankie te skryf vir almal wat hom op die gevreetboekie geluk gewens het, antwoord hy I had a fabulous day and realised just how lucky I am to have what I have, be who I am, know who I know and love who I love :)
« Last Edit: January 22, 2013, 11:59:47 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe spandeer jy jou tyd
« Reply #2 on: January 23, 2013, 08:54:45 AM »
Uitstekend gestel!  Baie geluk van ons kant af ook.  Mag die jaar vir hom vol vreugde wees.
So, sustertjie, jy weet presies hoe die Waterdraers is.  Het jy meer as een die die huis? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Hoe spandeer jy jou tyd
« Reply #3 on: January 23, 2013, 09:28:48 AM »
ek het eenkeer lank lank gelede my buurman hoor sê toe ons van Danie..... wat hier anderkant boer, gepraat het. seg oom Wim, weet julle ek was al baie keer in Danie se geselskap en as iemand van iemand anders iets negatief of lelik praat ( skinder) dan sê Danie altyd: Dit kan waar wees maar onthou daardie persoon het goeie punte of eienskappe ook en dan noem hy so paar wat hy van weet. Dan voeg hy ook by: Danie sal nooit iets lelik of sleg van iemand anders sê nie.

DIt het my laat dink dat ek ook so wil wees. Ek probeer my bes maar kry dit nie 100% reg nie dalk so 90 95%


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Hoe spandeer jy jou tyd
« Reply #4 on: January 23, 2013, 09:43:20 AM »
Twee van hulle in huis PM. Outop wat more verjaar en oudste wat gister verjaar het. Nooit 'n vervelige oomblik met hulle in die nabyheid  :headbang: AB ons kan almal streef om meer soos jou buurman te wees  :notworthy: :icon_salut:

Dankie vir die verjaardagwense matertjie  :hello2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe spandeer jy jou tyd
« Reply #5 on: January 23, 2013, 12:55:29 PM »
Baie geluk ook aan Outop Raaitjie.   :notworthy:  Net ons mooiste wense vir hom!

Ons jongste verjaar die 6de en ek die 16de.  Nog twee "jolly jumpers" op die lysie. 


Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Hoe spandeer jy jou tyd
« Reply #6 on: January 23, 2013, 11:48:59 PM »
Dankie baie baie matertjie. Ek dra die wense oor aan hom. Lekker gelag vir die ou, hy was mos so half ellenderig met die sinus saam en baie bekommerd dat hy nou vandag dalk sal uitmis op die 'morning tea' wat die werk hou vir die ouens wat verjaar het. Kan jy glo, daar verjaar 25 persent van die kragstasie se werknemers in Januarie! Hy is saam met my op die streng dieet en die een keer 'n maand se bederf deur bestuur, is dus grooooot lekker-eet-persent  :toothy4: