Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on July 14, 2011, 09:50:51 AM

Title: Totsiens El Debbo.
Post by: PM on July 14, 2011, 09:50:51 AM
Hier in my binneste het ek 'n groot verlies ervaar toe ek verneem van die afsterwe van een van ons groot geeste.  El Debbo was een van SA se groot geliefdes en my hart gaan uit na sy familie. 
Title: Re: Totsiens El Debbo.
Post by: Naas on July 14, 2011, 02:19:16 PM
Van die groot geeste is hy nogal die een by wie ek koffie gedrink het daar is Smithfield se wereld. Die probleem is dat ek so jonk nog was dat ek skoon in riger mortes gegaan het by aanskoue van my held met die groot oe en toe nie juis 'n woord kon inkry nie. Ek onthou nou nog nie veel van die geleentheid nie (of was dit 'n verleentheid).
Rus sag my held. Jy het baie mense gesond laat lag, nou pik ons 'n traan in jou weg-heid.



 :icon_salut:
Title: Re: Totsiens El Debbo.
Post by: Meraai vannie Baai on July 15, 2011, 08:59:35 AM
Ek kom staan ook 'n wyle hier, met diepe respek - stil op die erfie  :notworthy: Hy was 'n groot gees en 'n plooi gesig met groot oge, sal nooit weer dieselfde vir my wees nie!