Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Liedjies uit die oude doos => Topic started by: Assie on November 04, 2021, 10:32:21 AM

Title: Mozart
Post by: Assie on November 04, 2021, 10:32:21 AM
Oom Naas het gevra ek moet sê van die versameling van 2 LP's in hul boks (doos)
Dis uitstekende toestand en versamelstuk.
Dit kom met die geskiedenis oor elke musiekstuk in boekvorm.
As iemand belangstel hy wil dit aangee vir R200 plus posgeld.

 :mumum:
Title: Re: Mozart
Post by: Assie on November 04, 2021, 10:36:13 AM
Oom Naas het vir my gevra om die te plaas omdat hy mos nie kiekies kan laai nie

As hier dalk 'n spokie verbykom sy sel nommer is 060 962 9084.

 :mumum:
Title: Re: Mozart
Post by: Naas on November 04, 2021, 10:56:45 AM
Dankie Assie.
Jy moet darem nie my sel nommer so ydelik gebruik nie. Ek is bang my skelmpie kry dit weer in die hande. Het jou mos vertel hoe ek laas gesukkel het om van haar ontslae te raak.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Mozart
Post by: PM on November 04, 2021, 11:16:15 AM
Ek sal dit neem Assie.  Sê vir Oom Naas hy moet net vasbyt, ek wil dit NZ toe stuur.  Ek sal die adres kry en uitvind wat die posgeld is.  Intussen kan hy vir pm@afrikaanseforum.co.za sy rekening nommer stuur dan betaal ek die geldjie oor.  :notworthy:
Title: Re: Mozart
Post by: Naas on November 04, 2021, 11:44:06 AM
Dankie PM.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Mozart
Post by: Meraai vannie Baai on November 04, 2021, 11:45:57 AM
Wat 'n skat!!  Wens ek was naby.  :toothy4:
Title: Re: Mozart
Post by: PM on November 04, 2021, 11:57:24 AM
Dit is voorwaar vandag my gelukkige dag.   :hello2:
Title: Re: Mozart
Post by: Meraai vannie Baai on November 04, 2021, 11:59:41 AM
Self gaande oor klassieke musiek en ons kinders het almal studeer terwyl dit saggies speel in die agtergrond. Jy is voorwaar BAIE gelukkige vrou vandag PM. Sterkte weereens vir wat voorle. XXX
Title: Re: Mozart
Post by: PM on November 04, 2021, 12:03:00 PM
Dankie sustertjie, ek is vol vertroue dat alles goed sal afloop!