Author Topic: Lampoon in Afrikaans  (Read 19134 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #15 on: February 25, 2013, 07:56:42 AM »
So leer die suigeling...

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #16 on: February 25, 2013, 08:02:00 AM »
Die wonder van saamspeel in die ABC sandput bly 'n ewigdurende leerskool! Niemand is meesters nie, ons is almal jong 'sponsies' wat gretig opsuig vanuit die bronne wat ons naderlok.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #17 on: February 25, 2013, 11:28:14 AM »
Raaitjie, jy het carte blanche sustertjie, laat ons woel daar by die "skep plek".

Dankie vir die saamspeel Marius.  Bring nog asseblief. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #18 on: February 25, 2013, 11:08:01 PM »
Sal gaan loer wat ons het en wat ons kan byvoeg, hoeveel strukture wil jy in boek 2 gebruik PM?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #19 on: February 26, 2013, 12:40:16 PM »
Ek dink ons kan so 50 bladsye afstaan vir die gedigstrukture.  Daar is 'n paar wat heelwat plek gaan opneem.  Ek wil graag altwee jou sestinas gebruik, daar is net te veel kopkrap in om een uit te laat.  Dalk is hier nog iemand wat wil kopkrap en saamspeel. 
As ek dit nie mis het nie is die grafskriffies ook nog hier in die konstruksiewerf.  Dit moet ook in.
Ek sal gaan loer by die heel eerste weergawe van boek 1 wat daarin was wat uitgelaat is, maar dalk weet jy. 
As ons nog plek nodig het glimlag ek net vriendelik vir die baas.  Jy weet mos!   :icon_biggrin:  Hierdie keer lyk dit ook vir my asof baie van die skrywers in boek 1 nie gaan deelneem aan boek twee nie.  "Tyd sal leer."
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #20 on: March 27, 2013, 01:37:48 PM »
Lampoon:
Geskrewe woorde/skets waarin die spot openlik en kras gedryf word.
Almal wat hier deelgeneem het se werk is in die boek.  Ek wag vir nog 'n paar, daar is nog plek.  Kom ouens, hoekom moet ek so soebat. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #21 on: April 02, 2013, 08:02:37 AM »
PM hoe lyk die struktuur? Ek wil graag meer pos maar weet nie genoeg daarvan nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #22 on: April 02, 2013, 08:18:19 AM »
Al die gedigstrukture is by die "Digformules of -strukture" 
 http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?board=10.0
Jy kan ook in die konstruksiewerf gaan snuffel. 

Lekker om jou weer te sien matertjie.  Welkom.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #23 on: April 02, 2013, 08:39:41 AM »
Die uitlegging is bietjie vaag in terme van fisiese struktuur, kan ek bv. 'n liriek, senryu of gedig hieronder plaas?
« Last Edit: April 02, 2013, 09:14:30 AM by Marius »

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #24 on: April 02, 2013, 09:26:52 AM »
iets soos die?

Eulogy for a killer.

What's in a number? What's in a name?
The bomb rips asunder.The bomb knows no name,
but there were 78 of them weren't there Mr. Mandela?

Copyright Marius Buys 2013
« Last Edit: April 03, 2013, 05:36:37 AM by Marius »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #25 on: April 02, 2013, 12:22:59 PM »
Dit is goed geskryf Marius en voldoen aan die vereiste.  Jy moet asseblief help waar jy sien dat inligting vaag is.  Ons sal dit waardeer. 

Sover ek kan verstaan:  satire waar die skrywer van enige vorm gebruik kan maak.

Ek het hierdie op die internet opgetel en oorgetrek:

Satire, commonly defined as a literary, performed, or constructed work that holds common human follies and vices up to the light for the reader or observer to ridicule and scorn, holds a prominent place in the art of constructing prose. Some writers see the role of satire in poetry as two intertwined intellectual processes that sometimes lead to the intense expression of subconsciously repressed feelings. The first release is often seen as mania, or in other words, having a “good laugh” while reading or hearing about the village drunk, for example. Then, the second release is that of scorn, which is present when the audience laughs and belittles the village drunk himself, either in the reader’s mind or out loud during a stage play. Derwent Hope, a modern and well-renowned poet from Australia, reiterates the role of satire in poetry by discussing its use as a fiercely intellectual and morally enthusiastic tool that lends itself to highly effective creative writing.

Hier is nog 'n skakel:

http://www.poetrymagnumopus.com/index.php?showtopic=1853

Jou vorige een is reeds in die boek. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #26 on: April 02, 2013, 04:39:21 PM »
In daardie geval stel ek my limerieke voor, tensy u van hulle erens anders wil gebruik:

O hoe koud is die windjie en skraal.
As die donker ou man haar kom haal.
O my gonnatjie Griet!
Dis ook g'n wonder Piet!
Die flerrie is dan half blerrie kaal!

Ken jy die ou met Lisdeksia?
b’s en p’s ruil het hom min gepla.
Maar sy juf het ontplof.
Sy opstel was te rof.
Oor daai volk van Boesmanlandia!

O so dun is die beursie en kaal.
As die staatsman sy pond vleis kom haal.
Dit was destyds so.
Nog steeds, kan jy glo.
Is wet van Transvaal - Taks en betaal!

Hie ha hie ha - resessie vleisbraai.
Wat ons eet sou net Sangoma kon raai,
want wat ons nie sien,
en wat gasheer bedien,
is lekker donkie-tjoppie en slaai!

Joe! Daai liewe minister Lulu.
Sy maak die Calvyne koe-koe.
Nou soek hulle haar kop.
Haar job het geflop.
Haar mond kort ‘n was oor daai boe-boe!

Ken jy die padvalk van Benoni
Moet tog nie met hom stry of moun nie
Glip 'n noot in jou boek
Dis net waar hy hom soek
Hy sal jou nooit lank besig hou nie!

Klieketie kliek ons krag het ‘n triek
Ons koop dit deesdae gin meer op tiek
Want dan sien jy daai bill
Gee jou sterre 'n gil
En los onderbroekmerke van briek!

O daai stoute vroutjie van Noorweë,
haar man stook ‘n trein vir die spoorweë,
en hoor sy die toet,
weet haar skelm goed,
laat waai want dis nou tyd vir oorgee!

Ken jy die fyn knapies van Kaapstad,
wat loer in toilette en kansvat?
Oppas my ou pel
as ‘n “fun guy” jou bel
jou nommer’s op ‘n deur by die swembad!

Daar was eers 'n inry in Nigel,
waar ouens gaan fliek met Kay Whygel,
maar hy's deesdae toe,
want vry's mos taboe -
nou drink hulle bier by die hotel!

Daar bly stoute vroutjies in Brakpan,
wat outjies gaan vry by die dorpdam,
word hul gevang,
skree hulle bang:
"konstabel se tog net niks vir my man man!"

There was a goldminers daughter from Springs
who liked hanging off poles and things,
said she to her bud,
o dammit crud!
I keep tearing my frilly new G-strings!

Hy uit die tjoekie, ons kop in die war,
cop gefire, die hofsaak ‘n nar,
Kom daar dalk ‘n movie,
oor die mister groovy?
Is hy genomineer vir ‘n Oscar?

O Fanie Fourie se lobola!
Boere kan sy fliek mos nie verdra.
As hy sy cheri soen,
wil hul hom iets aandoen.
Oor hy húlle bloeddruk so opja!

Ken jy vir Pietie Pornografie?
Hy beloer sy betaal bouquet'tjie.
Haar disse het sjoewarm spys!
as sy haar erm kookkunsies wys,
met drie kaal kokke op die TV!

‘n Ou had huurders wat nie wou trek.
Die Hof sê hom sy saak's gladnie sterk.
Hul sit gratis en squat,
maar gee toe gou-gou pad.
Nigerians het sake gewerk.

Ai, Bafana-Bafana ou maat!
Die spelers maak die afrigter kwaad.
Hy kan maar vloek en skel,
hul luister not de hel,
met hulle moet mens mos twee keer praat!

Ken jy ons liewe Oom ANC?
Hy wil hê jy moet geld vir SARS gee.
Gou-gou pak hy sy tas,
voor sy gravy-trein verpas.
In eerste klas dut hy dan tevree.

Ken jy die Kaap? Dit was mos eens Hollands daar
waar Bobejane nou op kranse baljaar.
Ons hoor mos Adoons se stem
waarmee hy Bataafs kondem,
'n Aprilgekgrap al vir so twintig jaar!

Ken jy vir ou De Klerk Belowe?
Hy het in gelykheid gelowe,
maar al wat ons nou sien,
is die swart blik-kantien,
en wit poepolle vol rowe.

Ken jy vir Mavis wat kom regpak.
Sy maak huis skoon en eet jou platsak.
Maar wragtag, die laaste strooi,
is hoeveel die girl kan zooi,
en wegdra in haar groot ou handsak!
 
Ken jy die kragverskaffer ESKOM?
Hy skryf sy kontrakte so dom-dom.
Hy jaag strooi aan op grootskaal.
Hy stroop Jan Publiek skoon kaal
en wil met ons hoes poep en betaal
wegkom!

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #27 on: April 02, 2013, 04:40:47 PM »
Afgetree - tweede klas

‘n Verslete roomyskombi
met sy drietoon luidspreker-liedjie
Doo-dah dey by my verby:
De Camptown ladies sing dis song
Doo-dah doo-dah
De Camp-town race-track five miles long
Oh doo-dah day
I come down dah wid my hat caved in
Doo-dah doo-dah
I go back home wid a pocket full of tin
Oh doo-dah day
Binne sit Oupa Gert en San
So ja so ja
met swaarkry se gesigte aan
O so waar ja
hul verkoop roomys en sukkel aan
So ja so ja
met ‘n ander land se rebellie sang
O sowaar ja

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #28 on: April 02, 2013, 04:41:30 PM »
Star Wars RSA
(senryu neo)

Lank lank gelede
In ‘n sterrestelsel vêr,
apartheidsoorlog

Darth Vader dra swart
voel die mag van dwang se krag,
Verwoerd is Jedi

Lukas wat’s fout niks
die Death Star is al halfklaar,
Hippie Wookies huil

Die mag is met ons
maar Mandela is ‘n Sith,
LLB rebel

Die senaat stem ja
ons planeet se wentel ruil,
boerlasers op stun

Loods X-vlerk vegters
‘n versteuring in die mag,
nag op Ventersdorp

Lukas ek’s jou pa
nee Here net nie dit nie!
Ligsabers “en garde!”

voel voel voel voel voel
die mag van die donker kant,
Joda waar is jy?

*Dankie Marius. Hierdie gedig van jou pronk nou hier:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2748.msg18289#msg18289
« Last Edit: April 04, 2013, 11:38:02 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #29 on: April 02, 2013, 04:42:05 PM »
Zolkop
(op die wysie van Big Spender)

Die oomblik toe ek jou oë sien
toe weet ek sommer jy’s ‘n daggaroker,
‘n regte zolkop,
rooi ogies, hare lank
en wat ek nie verstaan nie
is hoe die girls oor jou tjank.
So kom ek tune jou sommer nou,
ek weet nie wat is jou mission nie my bra.
Hei, zol-roker, rook
tog maar ‘n zol vir my, my, my, my- my

Jy sien ek’s sopas uit rehab,
ek was ook voorheen ‘n zolkop net soos jy,
‘n aaptwak stoker.
My poison: Kaapse bong,
ek kan nie meer onthou nie
ek het gerook soos ‘n klong.
Hei kom ek sê jou straight my bru,
my vrou moer my as sy weet ek praat met jou.
Hei, zol-roker, rol
tog maar ‘n zol vir my, hei, hei, hei-hei!

*Hierdie plasing van jou is ook nou uitgestal in die woordskuur op die lirieke rak, Marius.
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2357.msg18292#msg18292
« Last Edit: April 04, 2013, 11:47:29 PM by Meraai vannie Baai »