Na lang gesoek het hy gevind.
Ja kos gekry vir vrou en kind.
Die veld is droog
Die Kalahari boesmankind
se neusvleuels snuif in die wind.
Mik pyl en boog.
Gifpyl volg reguit agter punt
om die bokkie se sy te vind.
Bokkie spring hoog.
‘n Stofwolk soos die bokkie poog,
te vlug deur bossies en oor loog.
Khoi agterna.
Atlete op die wen verhoog.
Een verloor met traan in die oog.
Wyl pylpunt pla.
Khoisan lig die trofee omhoog,
bloed spuit uit die wond ‘n boog.
Vleis aan gedra.
Kos vir die kinders en vir ma
ook vir ouma en ou papa.
Wildsbok se vleis.
Maar eers die goeie gode vra,
bok se siel na hulle te dra.
op hemel reis
Dan die familie by meka’.
Die dans aan jagter opgedra,
om hom te prys
Eers dans die jagter om te wys
hy bekruip die wildsbok vir vleis
en skiet die pyl.
En dan dans almal by die huis
om ook hul dankbaarheid te wys
wyl babas huil
Oupa en Ouma nou al grys
kry voorkeur stukkies van die vleis
en kinders kwyl.
Terwyl die maan oor koppies seil
en jakkals agter bossies huil
voer ma die kind.
Nou ‘n bok, more dalk ‘n muil
word vir oorlewing uitgeruil.
Daar’s kos my vrind
As indoenas die land vervuil,
sal hierdie kind wat nou so huil
nog kos kan vind?