Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on September 28, 2013, 08:27:45 AM

Title: Daar's net IETS omtrent....
Post by: Angelica on September 28, 2013, 08:27:45 AM
die kraak van roosterbrood as jy dit sny...
Dis my stapelvoedsel, roosterbrood.
Title: Re: Daar's net IETS omtrent....
Post by: PM on September 29, 2013, 04:15:07 PM
Ek lief brood!  Vars gebak, half oud of gerooster, brood is brood! 

Wat is jou gunsteling smeer op jou roosterbrood?

Toe ons kinders was en ons was siekerig, was roosterbrood en soet tee ons bederfie.  Sal ek dit ooit vergeet!
Title: Re: Daar's net IETS omtrent....
Post by: Angelica on September 29, 2013, 05:16:29 PM
Roosterbrood en Bovril.
As die Bovril op is, sommer All Gold Tamatiesous.
As daar niks is, droog.  Ek eet dit sommer so droog by die werk ook.
In die winter maak ek sommer my hande bo-oor die rooster warm en dis hemels om daardie warm stuk brood op jou tong te sit en die hitte in jou mond te voel.
Ek dink dit is al van winter waarvan ek hou:  Warm roosterbrood op my tong.
Title: Re: Daar's net IETS omtrent....
Post by: PM on September 29, 2013, 08:29:26 PM
Ek dink ons twee sal 'n ver pad kan stap met warm toosterbrood.   :toothy4:  Net botter op is ook goed! of is dit die beste?
Ek is ook mal oor "fish paste" of wat ook al my voorkeur vir die dag is.  Ek stem saam, roosterbrood bly koning!  :icon_biggrin:
Title: Re: Daar's net IETS omtrent....
Post by: Meraai vannie Baai on January 08, 2016, 05:30:07 AM
Die reuk van broodjie wat rooster.... hemels! Vir 'n onstelde maag - DIE beste ding.
Title: Re: Daar's net IETS omtrent....
Post by: PM on January 17, 2016, 11:04:09 AM
Ek sien nou eers ek praat van "toosterbrood".  Sjoe, dit kort seker net 'n erretjie vir troosterbrood.   :icon_biggrin:
Title: Re: Daar's net IETS omtrent....
Post by: Fransi on January 17, 2016, 06:15:25 PM
My ma het ook vir ons wanneer ons siek was roosterbrood met Bovril en soet rooibostee gegee. :-)
Title: Re: Daar's net IETS omtrent....
Post by: PM on January 22, 2016, 06:12:57 AM
Dit is presies daardie stukkie onthou wat my soms teen die mure uit jaag van verlange.