Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on August 09, 2013, 06:50:32 PM

Title: Ek het die sneeu gesien...
Post by: Angelica on August 09, 2013, 06:50:32 PM
Dit was een van daardie helderskone dae...
Die son het flou geskyn, die wind was (genadiglik) stil, die Boland se berge potblou met spierwitte ice caps.
Ek kon nie ophou kyk na hierdie wonderskone sig in die verte.
Twee dae tevore het ons erge storms gehad. 
Die Kaap kan jou looi met haar weer in die winter, net om jou daarna te beloon met haar skoonheid vir 'n dag of twee.

 :love7:
Title: Re: Ek het die sneeu gesien...
Post by: PM on August 10, 2013, 09:50:39 AM
Wens ek kon die uitsig deel, maar needankie vir die weer.  Hannes is mal oor die weer, maar ek en wind sit nie langs dieselfde vuur nie.   :icon_biggrin: