Woordskuur > Woordbou

Afrikaans

<< < (2/3) > >>

Assie:
Die kakebeen storie maak vir my behoorlik sin wanneer ons politici daardie bene klap om beloftes te maak.
En KAN die politici van RSA hulle kakebene klap sonder om enigsins te dink. (Of te doen...)
Hulle sê mos een ding terwyl hulle 'n ander ding steel.

Meraai vannie Baai:
Amper verstik ek aan my eie lagbui Assie  :headbang:

PM:
Ek het 'n lag nodig gehad.   :bootyshake:


Hulle sê mos een ding terwyl hulle 'n ander ding steel.

Dis net in Afrikaans waar jy op jou bekkenbeen sit en met jou kakebeen eet.



Meraai vannie Baai:
Ons het die mooiste taal julle. Vanoggend dwaal ek deur die woordgange en verlustig my van vooraf aan julle woordgebruike:

Assie:
*Al wat ek deesdae platloop is my driveway.
*(Ek wou se oprit maar dan klink dit of die driveway opgeraak het.)
*Ek het nie eers geld om op ons plaaspad te gaan toer nie.
*Die kakestokrasie van ons land steel tot die suiker uit ons koffie uit.
*Aai toggie, daai sondige lekkerte vol van Blommie se geil plaasbotter en 'n lekker sterk koppie moer...

PM:
*...hier moet ek 'n "loopstoel" gebruik waar ek kort-kort moet sit.
*...moer moerswaar.
*Waarvan praat jy dan nou in die kontsistorie konsistorie leg en snork?

Meraai:
*...daardie pryse van dinge op die bazaar deesdae is wrintie waar gatsakroof!

PM:
Raaitjie, daar is net een soort van jousoort.    Dit is 'n gawe om die woordspel met klinkklare helderheid te begryp.   :notworthy:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version