Author Topic: Rooibruin Vos  (Read 2490 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Rooibruin Vos
« on: October 21, 2013, 10:39:25 PM »
elke spier in jou liggaam saamgetrek
trillend onder jou rooibruin pels
blink jou oë in die oggendson
grinnik jy van opgewondenheid

‘n klok gaan af
hekke val gelyk oop
jou styfgespande liggaam spring uit die hok
snel beweeg jy jou baan in

galloppende perdepote dra jou oor die baan
jou asemhaling versnel soos jou pas
op jou rooibruin pels begin sweetdruppels blink
jou spiere tril soos jou liggaam versnel

jy bondel in die middel van ‘n groep
met drif beur jy jou pad oop vorentoe
voor jou weet jy lê die eindstreep
daar wag ‘n beloning vir jou

jou treë rek beweeg snel vorentoe
‘n karwats houtjie laat jou vinniger hardloop
dan word die toom styfgetrek
jy gaan oor na gallop

jou rooibruin pels blink in die son
sweet loop van jou nek af
trots hou jou eienaar sy klein handjie uit na jou
dankbaar eis sy rooibruin Vos sy beloning op


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Rooibruin Vos
« Reply #1 on: October 22, 2013, 10:23:21 AM »
Ek sien die prentjies wat jy so duidelik skilder met jou woorde.  Pragtig geskryf Ans. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Rooibruin Vos
« Reply #2 on: October 22, 2013, 03:26:14 PM »
Dankie PM as 'n mens 'n liefde het vir iets dan kom dit mos maar vanself.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Rooibruin Vos
« Reply #3 on: October 23, 2013, 06:02:29 PM »
jy kan beweging en 'n beeld so mooi beskryf.

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Rooibruin Vos
« Reply #4 on: October 23, 2013, 07:11:24 PM »
Dankie ek waardeer julle kommentaar.