Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on January 20, 2018, 04:19:58 PM
-
geskenk van Ewig Tyd
het dof vergeel
onder woestynson
verlate bly lê,
uit brasse vreugde
vergete met
gewetes versmoor toe Bacchus
sy walle oorstroom
verlorene heiden verdwaal
om onder 'n doringbos
na sterwe te smag,
knielend sy hande omhoog
te vul met reën-
raarste natuurgawe
in hierdie sondig heuwelland
open sy oë skaam en sku,
met nat perkamentgeur
aan hom geskenk
die Testament
deur ander verwerp,
gulsig smagtend na genade
dit teen sy hart vasdruk,
prewelend 'n dankgebed
wanneer die Engel weer vertrek.
©adéle theron
-
Ek het dit weer kom lees sodat die boodskap tussen jou lyne na behore kon insink. Pragtig verwoord!
-
Baie dankie lief Raaitjie :love7:
-
Ek verbaas my steeds, die gawe wat party mense het om sulke gedagtes so meeserlik op papier vas te lê.
Goed gedoen Adele. :read2: