Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Meraai vannie Baai on September 07, 2021, 12:09:56 AM

Title: As ander ons plasings steel en deel
Post by: Meraai vannie Baai on September 07, 2021, 12:09:56 AM
Gerhard van Eck stuur vir my 'n boodskap op Facebook om te laat weet hoe ver trek ons taalkennis op die forum. Gaan kliek en loer toe gou. Vind die volgende plasing van ons en verlustig my in die gesels wat rondom die onderwerp plaasgevind het op hulle blad:

'n Oulike bron met voorbeelde van volksetimologie.
https://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=387.0&fbclid=IwAR38pk47u1OBOlqzUoAoNN4y1eG-ECPNyxAwWd0J2IWLHTf_-Y64_uorDmo

En toe se Hennie Meyer 'Ek gaan steel en deel. Dankie.'

Hulle weet dit net nie maar ek het ook gegaps want as woorde dros, pas dit so mooi by ons drie-woord-wurm-struktuur  :hello2:

Gesteel
en
gedeel

 :book1: :headbang:


Title: Re: As ander ons plasings steel en deel
Post by: PM on September 07, 2021, 09:19:31 AM
Solank die ouens net krediet vir die plaser gee is ek heel gelukkig.   :book1:
Title: Re: As ander ons plasings steel en deel
Post by: Assie on September 07, 2021, 09:23:41 AM
Kampforum het ook Karel Grootlieg se stories gedeel maar ongelukkig kan ek nie kommentare daar gelees kry nie. Dis 'n volksvreemde forum.

 :mumum:
Title: Re: As ander ons plasings steel en deel
Post by: PM on September 07, 2021, 09:25:34 AM
Voksvreemd! O hallie ha!  Wat sal Anton hiervan sĂȘ?   :angel8:
Title: Re: As ander ons plasings steel en deel
Post by: Naas on September 12, 2021, 05:28:47 PM
Ek kom ook nie reg met daai forum se ratte nie...

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: As ander ons plasings steel en deel
Post by: PM on September 12, 2021, 05:31:05 PM
Ek wonder hoe sal Anton daaroor voel om van dieselfde forumplatvorm as ons gebruik te maak. 
Title: Re: As ander ons plasings steel en deel
Post by: Naas on September 12, 2021, 06:19:13 PM
Ek dink nie dis 'n goeie voorstel nie want dan gaan al sy gereelde lesers wat gewoond is aan daai ratte weer sukkel.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: As ander ons plasings steel en deel
Post by: PM on September 12, 2021, 09:10:18 PM
Ek het nou weer met "nuwe tegnologie" te doen gekry toe ons opgradeer het na ... die nuwe dstv se decoder.  Skuus vir die ingelse woorde so tussen in, maar as ek dit nie doen nie gaan julle niks van my hoor nie. 
Dit is nogaals 'n aanpassing, maar "come hell or high water" jy moet maar daar deurdruk.