Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Anton Louw on August 11, 2018, 05:38:24 PM

Title: Afrikaanse Radio Wereld Wyd
Post by: Anton Louw on August 11, 2018, 05:38:24 PM
Soek ek nou op en af, ek het amper verdwaal.  Ek soek na die musiek forum?  Die taal van die gees!

Daar by die kampforum het ons 'n Internet Radio Stasie ding aan die gang.

Kuier lekker elke Saterdagaand van 5 tot 9 .  Ons skop af van 5 tot 6 met lekker boeremusiek saam met Gottie. Daarna is dit lekker kuier , versoeke, resepte, grappe van 6 tot 9 saam met Noddy en " Om die Kampvuur"  .  Na Noddy van 9 tot laat is dit lekker musiek saam met Polla.

Kom skakel gerus in en kuier saam met ons :  https://www.kampforum.co.za/rww (https://www.kampforum.co.za/rww)

(https://www.kampforum.co.za/sites/default/files/inline-images/RWW-link-logo.gif)
Title: Re: Afrikaanse Radio Wereld Wyd
Post by: Meraai vannie Baai on August 11, 2018, 11:36:28 PM
Baie dankie! Ek was nogals heel verbaas dat julle 'klank' het  sal beslis gaan inloer. Probeer nog my voete vind tussen julle forum se gange. PM se altyd sy verstaan gou as jy laaaaaaaank verduidelik...
 :headbang:
Title: Re: Afrikaanse Radio Wereld Wyd
Post by: PM on August 13, 2018, 01:45:16 PM
Dit klink jollie lekker.  Ek sal beslis probeer inskakel.  Ons wil ook graag klank hĂȘ om ons en ander gewilde gedigte voor te lees.  Het jy 'n voorstel Anton?
Title: Re: Afrikaanse Radio Wereld Wyd
Post by: Naas on August 13, 2018, 01:54:25 PM
Hier is 'n skakel na een van my stories wat in Namibie uitgesaai is

https://www.dropbox.com/home/Naas?preview=10+NET+%27N+LINIAAL+VER+.MP3


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Afrikaanse Radio Wereld Wyd
Post by: PM on August 13, 2018, 02:26:19 PM
Ek kry net 'n antwoord:  The folder Naas doesn't exist. Wat nou?
Title: Re: Afrikaanse Radio Wereld Wyd
Post by: Naas on August 13, 2018, 02:54:21 PM
O gits!  :crybaby2:
Miskien moet jy dropbox op jou rekenaar he om daar te in. Wag ek probeer 'n ander plan maak.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Afrikaanse Radio Wereld Wyd
Post by: PM on August 13, 2018, 02:57:51 PM
Ek het Dropbox.  Ek het ons eerste boek daar begin.  Dit is nou natuurlik heel anders, maar dit is nogtans interessant om te sien waar ek begin het.  Lag!
Title: Re: Afrikaanse Radio Wereld Wyd
Post by: PM on August 13, 2018, 03:18:30 PM
Daar het ek dit, dankie Naas, dit is baie goed gedoen. 
Ek soek nog steeds na 'n manier om klankopnames te maak.  Wens ek was nie so oningelig nie!