Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on December 12, 2017, 06:40:33 PM

Title: Uit 2009 se argief ...
Post by: adele on December 12, 2017, 06:40:33 PM
sonsondergang van die jaar

die see se ongeduld
raas in my ore
sproei
uit eeue se wysheid
'n mantel om al my vrese

skepe van twyfel
droom op haar bodem
en koraalriwwe
kleur my fynste
geheime diep weg

soveel dekades al
huppel en juig ek
deur die genadevalleie
wat my omvou
na elke krans
waaroor ek kaalvoet klim

en aan die einde van die dag
sit ek op die grootste Rots
vou die hartstogtelike vrede
uit die sonsondergang
van die jaar om my skouers

©adéle theron
Title: Re: Uit 2009 se argief ...
Post by: PM on December 13, 2017, 03:17:37 PM
Mooi geskryf soos altyd vriendin.