Author Topic: Handsakkies vir die manne... of nie?  (Read 2533 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Handsakkies vir die manne... of nie?
« on: September 15, 2013, 05:59:38 AM »
Handsakkies vir die manne… of nie?
Lees ek verlede Sondag hoe Dowwe Dolla vertel dat haar man al sy components vir haar aangee om in haar handsak te sit toe hulle winkels toe ry.  En sy pak in, en sy pak in, en sy pak in…
By die toonbank dop hy toe haar handsak om om een van hierdie components te kry… tot rooigesig van die vrou, want uit val al die vrouegoedjies ook.
Dra julle manne handsakkies?  En hoekom / hoekom nie?
My baas is pure man en hy gaan nêrens sonder sy handbag nie.  Vertel hy dat wanneer hy saam met ‘n pêl in die pub sit en hy sit sy handbag op die toonbank, word hy taamlik snaaks aangekyk.  Tot groot vermaak van hom en sy pêl.  Natuurlik weet hulle wat die res dink, maar who cares?
Ek dink dis ‘n bak idee vir mans om hul eie drasakkies te hê, want dan is hulle self verantwoordelik vir hulle selfone, beursies, sigarette, aanstekers, waterbottel, tissues, motorsleutels en lip…ICE.
Wat dink julle?
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Handsakkies vir die manne... of nie?
« Reply #1 on: September 15, 2013, 07:40:31 AM »
Dit is 'n uitstekende plan.  Hannes het sy eie sakkie wat hy meestal gebruik wanneer ons toer.  Dit is nou vir paspoorte en ander dokumente ook.
Dan kry 'n mens daardie "moon bag" wat so om jou lyf vasmaak vir wanneer ons na 'n skou of 'n uitstalling gaan.  Man, dit is te handig vir woorde, want ek kan al my "goeters" vir hom aangee om te dra.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Handsakkies vir die manne... of nie?
« Reply #2 on: September 15, 2013, 08:10:04 AM »
My broek en hemp het mos sakke en ek dra nie make-up rond nie. Hoe groter jou sak is hoe groter is die las want hoe meer goed dink jy moet saamgedra word.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.