Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Anastasia on August 07, 2018, 12:03:08 PM

Title: Wat het van 'Mel' geword?
Post by: Anastasia on August 07, 2018, 12:03:08 PM
Sit ek en dink aan 'Mel' van die forum toe dit nog onder 'n ander naam bedryf was.  Die 'oues van dae' van die forum, weet iemand waar sy is en of dit goed gaan?  Ek het destyds (omtrent 2007) nog vir haar 'n boks skryfbehoeftes vir haar kinders gepos.  Was 'n oulike mensie
Title: Re: Wat het van 'Mel' geword?
Post by: Meraai vannie Baai on August 07, 2018, 12:22:48 PM
Dit is eintlik so hartseer dat ons kontak verloor het met mekaar. Ek het nie 'n idee waar Mel haar bevind nie. Laaste kontak wat ek gehad het, was nog met die nuwe woorde kompetisie wat ons geloods het by die ou forum. Wonder of Gawie dalk ietsie intussen van haar gehoor het?