Die Afrikaanse Forum
Bak en brou => Resepteboek => Brood, skons en beskuit => Topic started by: Meraai vannie Baai on May 01, 2012, 12:51:01 AM
-
Heerlik saam met kerrie.
180 g koekmeel
2,5 mℓ sout
20 mℓ olie
150 mℓ water
50 g sagte botter
Sif die meel met die sout in ’n groot bak en voeg die olie by. Meng met ’n lepel.
Voeg ¾ van die water by en meng. Voeg meer water by as die deeg taai is. Dit moet ’n sagte deeg wees.
Strooi meel oor die werkoppervlak en knie die deeg tot dit baie elasties is.
Rol die deeg uit sodat dit 3 mm dik is, rol dit op, bedek met ’n doek en laat rus vir ’n halfuur.
Sny die deeg in 10 gelyke dele, rol elke deel in 'n bal en rol dit uit tot ongeveer 2 mm dik.
Voeg genoeg olie in ’n pan om die hele oppervlak te bedek as dit warm is. Braai die deeg bruin aan albei kante.
GANIET!!
*******************************************************
-
Ek sal dit beslis tuis probeer. Baie dankie Raaitjie.
-
die rolletjies wil weer almal terug rol na myse heupies .. maar seg ek - dit lyk dan so heerlik - hoe kan ek nie wil bak nie????
-
Oe aardetjie toggie tog Willa, daardie ewige kilogramme wat so lief is om aan ons heupe te vergaar :toothy4: