Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Helpmekaar => Topic started by: Naas on April 04, 2012, 08:59:54 PM
-
Rondloopwoorde in
os taw etgideg
spasies los en nie
.ein pokssen elluh raaw kyk
Hulle klits my grysstof
.raakemrued lametleeh sreiereor soos
Waar moet ek stop?
?laahmesa ke teom raaW
Dis ‘n woordjie hier…
.raad eijdroow n’ ne
‘n Spasierus wat waghou
.reek et droow edneglov mo
Asemhaal
en
mislees
.dnalredav ym drow
Help!
raakemrued os uon si kE
soos ‘n bottelblond
seisaps nessut
in ‘n
kierbafmuufrap.
doon eid ni anneH riv pleH !!knarattapannogO
:icon_bigsmurf:
-
...en rondom die hekkies tot ek dronkerig uit die laberint val
:grommit:
-
Slim...
Maar die 'roereiers' het my op die regte pad geplaas.
-
Hahahahhaah ... welgedaan Meester! :toothy4: My hele rukkie geneem - biekie op die kop gestaan, vorentoe en agtertoe gelees; uiteindelik ontsyfer. O gonna pattarank het my laat giggel :sign10:
Die spasies werk eintlik die heeeeeel mooiste (en op hulle beste) as dit spaarsamig ingespan word. Maar die ouens se hand, mildelik aan die rusopeninge gewaag, het nogals gesorg vir kreatiewe leesstof wat ek geniet.
??? ??? ???
Soms vir 'n oomblik wonder ek 'n bietjie
wat sal gebeur as ons almal voor die voet
skielik presies dieselfde sou begin skryf
??? ??? ???
Na hoeveel lyne (of per geluk)
straks 'n paar paragrawe, sal ons
ophou lees en begin wonder -
is almal nou die kluts kwyt
??? ??? ???
*geskoei en geskool op tradisies, bou ons nou voort op nuwe fondasies (en soms met leë spasies) wat ander laat wonder: moet hier nie ook stene wees nie, of ten minste net 'n venster in die 0? Selfs 'n kale kosyn sou vir my gewerk het LOL :headbang: :notworthy: :toothy4:
-
Tussen spasies lê daar heelparty gedagtes wat ek andersins mis sou lees! :icon_biggrin:
Goed gedoen Naas. Jou kreatiwiteit gemeng met jou humorsin is 'n woordgereg. :hello2:
-
:icon_scratch: :book1: slim mense woon hier ... :pottytrain2:
-
As ek nou dronk lyk, pleit weer onskuldig - ek het agterstevoor deur spasies gelees aan 'n kreatiewe skepping wat hier iewers tussen lyne vol rondloopwoorde spoggerig uitgestal is :`ip2:
Terwyl ons nou tussen spasies saam kuier wil ek die volgende voorbeeld wys vanuit Leon Strydom se gedig "Droogte" waar die assosiasie van hemels (strelende geruis van die aandwind) en die aardse kaalheid, onherbergsaamheid (steurende kras van die haai grint) puik uitgebeeld word met die inspan van tipografiese organisasie. Hele bekvol ne.
in die geruis van die aandwind
ver onder in die haai grint
onder in 'n knoesterige mik
Bron: https://literator.org.za/index.php/literator/article/view/941/1113
-
Lees ek eers weer "tussen stasies" en wou net begin saamsing!
Ek lief die "rondloopwoorde".