Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Trappies se plek => Topic started by: Trapsoetjie on July 15, 2011, 11:25:22 AM

Title: in die lewenskroeg
Post by: Trapsoetjie on July 15, 2011, 11:25:22 AM
in die lewenskroeg

met jou stem kan jy my aanraak
met jou stilte maak jy my liefde staak
warm winde wat deur ons waai
voor die storm wat gaan koning kraai
 
met jou arms wykend om my
met jou fluistering vergete en verby
branders wat ons uitspoeg
sal jy my vind in die lewenskroeg

© Trapsoetjie

Title: Re: in die lewenskroeg
Post by: PM on July 16, 2011, 08:33:26 AM
 :hello2:  Pragtig Trappies!  Ek sal graag wil begin koukus oor wat jy in die boek wil plaas.