Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on August 26, 2016, 02:46:32 PM

Title: Verskeur
Post by: adele on August 26, 2016, 02:46:32 PM
verskeur
stukkend
tussen stofdrade hang repe
van haar geheue …
sensuur het jy
om haar keel geknoop,
haar stem in aalwyn gedoop

nog 'n jaar in lewens-misoes,
jou skuld teen kaal populiere
vasgewaai
rooi druppels haat
vernietigend agtergelaat

'n stom kopskud -
meng jou nie
met aardse semels,
geboei en gegesel

sy was maar kind nog!


©adéle theron
Title: Re: Verskeur
Post by: Ans Botha on August 29, 2016, 08:41:39 AM
Ai dit is so mooi vasgepen mens kan so baie lees en verskillend verstaan hieruit.