Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on April 02, 2015, 06:10:05 PM
-
Ek was op soek na die struktuur wat bestaan uit 10 reëls, 10 lettergrepe elk en die eerste lettergreep van elke reël moet 'n sterk klank wees .... maar nadat ek omtrent 5 reëls uitgeskaaf het, is hierdie nog 12 reëls lank ... dit kon nie minder nie
Tesame weggevlug van mens en God
Roepstem van hoop, ek soek oral na jou,
strompel oor klippe en uitstaan-stompe
in die laatherfs-ravyn van my lewe;
skuifel die skuins paadjie af ondertoe
daar te soek na die sin in my lewe
helaas, geen sinvolle antwoord te vind
in die donker diep-eggo spelonke
vol melaatses, erg afgetakel nie.
Raak dit skielik donker, die lig vlug weg.
Christus roep uit; Sy God het Hom verlaat …
Klim ons tesaam weer uit die grafspelonk
juig en dans en sing; ons is ewig vry!
©adéle theron
-
Praggedig vol gevoel en blydskap van 'n hergeboorte teen die einde. Soms moet ons die reels "buig" om ons se te se.
:icon_bigsmurf:
-
Ek stem saam met Naas, dit is puik net so!
-
"strompel oor klippe en uitstaan-stompe" Pragtig Adéle. Na die nanag breek die dag.
-
dankie baie dat julle saam lees xxx
-
Weer kom lees. Jy het 'n wonderbaarlike woordgawe lief Adele! :notworthy: :icon_salut:
-
Ek het ook weer kom lees en sou net een klein veranderingkie aangebring het: Die posisie van die "nie".
helaas, geen sinvolle antwoord te vind nie
in die donker diep-eggo spelonkevol melaatses,
erg afgetakel.
-
Ek stem weereens nie saam met PM. Daar moenie 'n nie kom nie. Dit verander die metrum en lei die aandag in verkeerde rigting. Ek sal dit onveranderd los.
:icon_bigsmurf:
-
Skuus, die nie het net vir my 'n bietjie uit plek uit gelyk. Jy is reg met die metrum.
-
:love7: :notworthy: :love7: