Die Klaskamer > Spelling

Sta(a)nder: een of twee a's?

(1/1)

Meraai vannie Baai:
Sta(a)nder: Nuwe riglyne van die Taalkommissie vir die gebruik van een of twee a's in hierdie woord. Hier is die maklikste manier om dit te onthou:

*Enige samestelling met -stander wat op ’n mens dui, word met een 'a' gespel byvoorbeeld: buitestander, omstander, voorstander, ens.

*Vir meubels, toerusting, ens. dus nielewend wat op -staander eindig,  word almal met dubbel-aa gespel byvoorbeeld:boekestaander, hoedestaander, voëlhokstaander, lampstaander, ens.

PM:
Baie dankie vir die inligting Raaitjie.  Dit kom handig te pas.   :book1:

Naas:
Jan Stander had 'n hoedestaander
Ja 'n hoedestaander had Jan Stander
En as Jan Stander neffe sy hoedestaander staan
Dan staan sy hoedestaander neffe Jan Stander
Jan Stander is dan net 'n staner.
Maar sy hoedestaander is dan ook 'n staner.
So staan, staan sal die twee wel saamstaan.
Dis nou Jan Stander en sy hoedestaander.
Ja, sy hoedestaander en Jan Stander.


 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
 :hello2: :notworthy: :icon_salut:

PM:
Naas, die stand van die hoedestaander staan dan nou so. . .   :icon_biggrin:

Navigation

[0] Message Index

Go to full version