Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Waar is jy? => Topic started by: PM on May 21, 2013, 04:53:24 PM

Title: Ons gaan huistoe
Post by: PM on May 21, 2013, 04:53:24 PM
Vandag het ek die meeste goed gepak.  More vroeg gaan Hannes gou alles afteken en dan vat ons die pad huistoe.  As alles goed verloop behoort ons Donderdag middag by die huis te wees. 
Dankie aan almal wat my opgebeur het en help staande bly het in die laaste twee maande in hierdie "hell hole".  (Ook die drie weke in Februarie.)  So kom alle slegte dinge ook tot 'n einde.   :hello2:
Ek lief julle.  :bootyshake:

Title: Re: Ons gaan huistoe
Post by: adele on May 21, 2013, 06:16:23 PM
mag julle veilig in ons Vader se hande bly en Hy heelpad met sy genade by jul wees.

 :grommit: 
Title: Re: Ons gaan huistoe
Post by: PM on May 21, 2013, 06:44:33 PM
Dankie Adéle, ons is nog nie eers weg nie en die program het verander.  As ons gelukkig is sal ons nou Vrydag by die huis wees.
Title: Re: Ons gaan huistoe
Post by: Meraai vannie Baai on May 22, 2013, 03:30:59 AM
Oi joi joi, ek hou alles wat kan knoop gekruis hoor!
Title: Re: Ons gaan huistoe
Post by: PM on May 22, 2013, 05:35:49 AM
Dankie Raaitjie. 
Title: Re: Ons gaan huistoe
Post by: Fransi on May 22, 2013, 08:38:06 AM
Sterkte en saam met Meraai hou ek vingers en tone gekruis.
Title: Re: Ons gaan huistoe
Post by: PM on May 22, 2013, 09:30:57 AM
Dankie Fransi, ek sit nou hier langs my tasse soos 'n koshuisbrak en wag vir Hannes.  Hy sal nou hier wees dan durf ons die eerste deel van die lang pad aan.   :wave:
Title: Re: Ons gaan huistoe
Post by: Terry on May 22, 2013, 09:48:10 AM
Veilig ry.  Ons kan nou nie meer wag vir julle om huis toe te kom nie!
Title: Re: Ons gaan huistoe
Post by: PM on May 24, 2013, 03:49:02 PM
Ons is uit en tuis en by die huis, maar dit sal my 'n week neem om my tuin in orde te kry en my huis leefbaar te maak. 
Ek spoeg vuur, maar het gedink om net te kom sê ons is veilig tuis. 
Title: Re: Ons gaan huistoe
Post by: Fransi on May 24, 2013, 04:04:09 PM
Ek is bly julle is terug. Baie sterkte.