Bak en brou > Item vir die week

Kom ons praat GROENBONE

<< < (2/4) > >>

Meraai vannie Baai:
My skoonma het altyd so lekker vet skaaptjoppie by haar groenbone, aartappels en uie in die pot gesit. Oe wereld mens wens jy mag jou vingers afgelek het uit dankbaarheid  :toothy4: Dan het sy ook 'n klein bietjie bakpoeier ingegooi nadat dit fyngedruk was en eendag het daar per ongeluk Wim in plaas van bakpoeier in die pot belanne - dit was pure begrafnis-droefnis  :crybaby2:

PM:
Ek glo jou!   :crybaby2:
My ouma het met daardie sak boontjies gesit en dit met 'n lemmetjie gekerf.  Haarfyn seg ek vir u.  :love7:
Sy het dit ook al ses uur in die oggend op die koolstoof gesit met daardie skaaptjoppie in.  Hoe water my mond nou!
Jelly was natuurlik deel van die nagereg.   :wave:

Meraai vannie Baai:
My ouma het ook so gesit en kerf. Kon my altyd verkyk hoe behendig sy die een puntjie afsny en dan trek sy daai nerfie so. Die krulletjies wat dit maak as sy dit neersit was vir my elke keer 'n 'treat' opsigself  :icon_biggrin:

PM:
Ek dink nie vandag se groenbone het sulke krulletjies nie.

Meraai vannie Baai:
Daai soort bone was nog varsgepluk en kraakvars uit pagoed se tuin.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version