As jy slim recycle kan jy self 'n paar belastingvrye randjies daruit munt.
Ek recycle en doen my bietjie vir my nageslagte. Dis net jammer dat dit nie altyd genoeg is nie.
Ek dink Moeder natuur is ook maar mens wat jou meer gee as jy meer insit. Maar die mensdom is tans 'n aardkanker wat alles om hulle vernietig.
Onthou wat ek se: "Ons beskawing is besig om homself uit te woed en sy eie graf te grawe."
Cop 17 en al die ander Coppe is een merske klug waar 'n spul belangrike sopcoppe teen groot onkostes bymekaar kom, die regte geluide maak om die mensdom te sus en dan fff... niks verder aan die probleem doen nie.
Die enigste manier wat moeder aarde weer haar grimering gaan regkry is om die oorsaak van haar plooie van haar aangesig te verwyder.