Author Topic: Nursie... NURSIE!!!  (Read 3299 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Nursie... NURSIE!!!
« on: April 15, 2015, 07:19:43 PM »
So met die huistoe ry vanaand sien ek 'n nurse in haar navy uitrusting.  Laat my dink tot doer terug in 1972... Jinne, dis al in die vorige eeu!!
Elk geval, laat my terug dink toe ek nog 'n nursie was.  Nursie, want ek was maar nog klein en jonk en kort en soooo naief.
Geen navy broekpakke nie.  Nee, daai jare dra ons daai wit stokstyf gestyfde rokke met 'n stokstyf gestyfde belt.  En om 'n belt om my lyfie te sit, is 'n fout.
Elk geval, ons dra daardie rokke, spierwit soggens en baie vuil en bebloed, soms, saans.
Met 'n navy cape.  Rooi uitgevoer.  Met twee sulke lang derms wat jy oorkruis voor jou bors en dan agter jou rug vasmaak.  Myne kon nie vasmaak nie, die lyfie was te rond.  En die twee buuste het soos twee mount evereste hier voor gestaan. Damn.
En 'n paar bruin skoene. En pantyhose.  Altyd geleer gewees.  En 'n papier hoedjie wat jy gevou het en met grips op jou kop vasgesteek het aan jou hare.
Ek doen my opleiding by die Sharley Cribb kollege in PE.  En PE is die winderigste stad in SA. 
As jy gedress is in jou werkers-klere, dws, cape en kappie, moet jy net vashou. Een kant die cape en met die ander hand jou kappie.
Maar ons het ook daardie tyd vals ooghare gedra.  So, jy moes nog keer dat die wind nie jou valsies afwaai nie.
Dit was geen plesier met daai uitrustings nie.
Gladnie.
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Nursie... NURSIE!!!
« Reply #1 on: April 16, 2015, 07:26:43 AM »
Jy teken 'n prentjie met jou woorde nursie  :toothy4: :hello2: Ek "SIEN" vir jou met cape en kappie, de lot!

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Nursie... NURSIE!!!
« Reply #2 on: April 16, 2015, 07:40:09 PM »
Friekin mal dae gewees.
En ek het nursing niks van gehou nie.
Maar daardie dae het jy mos net onnie, nurse, poskantoorjuffie en bankjuffie geword.  En as jou pa 'n prokureur was, het jy by hom in die kantoor gaan werk.
Ek het na matriek by die huis rondgesit en nie geweet wat ek wil doen nie.
Nou so gaan ek toe maar stad toe. Van affie plaas stad toe.
Mal tye.
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Nursie... NURSIE!!!
« Reply #3 on: April 17, 2015, 12:00:59 AM »
Ek het jare gelede elke hospitaalverhaal verslind  :book1: Daar was gewoonlik mos so hanserige nursie en 'n handsome dokkie!

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Nursie... NURSIE!!!
« Reply #4 on: April 17, 2015, 05:29:47 PM »
maar so het 9 uit elke 10 hospitaalverhale toetentaal van die werklikhied verskil ... die een wat wel ingepas het, was die kere wat ons mekaar kon skrikmaak deur op die lykstrollie te klim, onder daardie seilkap in. Glo my, daardie naels-krap maak die aakligste geluid denkbaar wanneer ons middernag na die eetsaal toe loop.   :icon_biggrin:  :icon_biggrin: 

Ons Potch-nursies was al tweede jaar toe daardie kômmin gestyfde 'karton'kappies uit die mode geraak het en verbanis  [[[dannnkie tog]]] Maar my kammie was met verlof. Ons was kamermaats by die universiteitskoshuis, maar in die verpleegsterstehuis het elkeen haar eie kamer gehad. So verskyn kammie toe in die eetsaal, die enigste met haar kappie op haar mooi bos krulhare. En ... niemand besef dit eers nie, tot een van die susters haar vra hoekom sy so lief is vir haar kappie   :toothy4: 
adéle  :grommit:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Nursie... NURSIE!!!
« Reply #5 on: April 17, 2015, 07:13:07 PM »
Whahahaaaa.... adele,  ek onthou ook daardie lyke in die enkel saal aan die eindpunt van die gang.
Dan word die porters geskakel (dis nou snags na 00:00) om 'n lyk te kom haal.
En dan kom daardie lyk regop.
 :smileinbox:
Die brandtrap was net regoor hierdie kamer en verpleegsters wat die petalje kom gade slaan val omtrent daai trappe af na die onderste vloere en terug in hulle sale voor die matrone of hoofsuster kom hoor wat die commotion is. 
Gewoonlik weet niemand dan niks.   :dontknow:  Seker katte op die balkonne, suster.
 :angel12:
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Nursie... NURSIE!!!
« Reply #6 on: April 20, 2015, 11:11:35 AM »
Nou is my aand gemaak! Kon ek weer twee nursie verhale uit eie oorde geniet  :love7: :notworthy: Kom deel nog bietjie sebliefie julle tweetjies!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nursie... NURSIE!!!
« Reply #7 on: July 01, 2015, 05:25:14 PM »
Lekker gegril vir die lykstories! 

Ek het gehoor van 'n verpleegster wat in 'n kamer moes ingaan waar 'n lyk gelê het voordat dit verwyder is. 
Haar maats het haar 'n poets gebak en die lyk laat regop kom.  Sy het blykbaar van haar kop af geraak.   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.