Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on May 17, 2011, 09:17:14 AM

Title: Help met die woord cobblestone pad.
Post by: PM on May 17, 2011, 09:17:14 AM
Ek soek na 'n mooi woord om te gebruik vir daardie klippad wat in die outyd gebou is.  Wie kan help?
Title: Re: Help met die woord cobblestone pad.
Post by: Trapsoetjie on May 17, 2011, 10:45:22 AM
Nou vra jy my  :icon_scratch: ek is so ongeletterd soos 'n kleipad.

Bolletjiespad
Kleisteenstraat

Nee o wee jammer PM my se koppie is plat vandag  :dontknow: 

 :angel12:
Title: Re: Help met die woord cobblestone pad.
Post by: PM on May 17, 2011, 04:27:31 PM
Ek het gewonder of hobbelklippad kan werk?  Ek is al moeg gedink.  Die woordeboek praat van keisteen,  maar o liewe tyd,  niemand sal weet wat dit is nie! 
Spoelklippad kan dalk ook werk.   :dontknow:
Title: Re: Help met die woord cobblestone pad.
Post by: Angelica on May 17, 2011, 05:17:14 PM
Ek het nou deur al wat 'n woordeboek is, gegaan. Woorde soos grint en keisteen kom op. Jy is reg, daar is nie regtig 'n woord wat 'cobblestone' beskryf dat almal sal weet presies waarvan jy praat nie. As jy van 'n klippad gaan praat of skryf, sal jy meer beskrywend moet wees sodat jou leser / skrywer sal weet. Hobbelstraat / -pad kan vol hobbels wees. Grintpad is net te... daar doer waar niemand nog geloop het nie. Hobbelklippad dalk? Dit is sover ek kom met 'n benaming.
Title: Re: Help met die woord cobblestone pad.
Post by: Naas on May 17, 2011, 06:10:26 PM
Vir my is dit 'n skilpadpad omdat dit vol hobbels is en jy nie te vinnig daaroor kan gaan nie.





 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Help met die woord cobblestone pad.
Post by: Trapsoetjie on May 17, 2011, 08:01:53 PM
Ek dink ook van al die woorde is skilpadpad die oulikste. Gelukkig is dit nie my se besluit nie.  :icon_scratch:

 :angel12:
Title: Re: Help met die woord cobblestone pad.
Post by: Angelica on May 18, 2011, 05:57:52 AM
Giggles... Hou van die 'skilpadpad'. 
Title: Re: Help met die woord cobblestone pad.
Post by: PM on May 18, 2011, 07:58:21 AM
Skilpadpad kon werk,  maar dit is nie baie beskrywend nie.   :toothy4:   Natalie se storie,  Spookkoets,  moet 'n Afrikaanse woord kry vir "cobble stone pad" vir ons boek,  en ek brand vas. 
Title: Re: Help met die woord cobblestone pad.
Post by: Naas on May 18, 2011, 07:58:19 PM
Dan is die regte woord "spoelklippad" (een woord want een begrip.) of (rivierklippad.)
Cobble stones is mos spoel- of rivierklippe.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Help met die woord cobblestone pad.
Post by: PM on May 19, 2011, 07:00:48 AM
Dankie Naas,  ek sal die keuse aan Natalie oorlaat.  Ons sou gister 'n bietjie werk daaraan maar het so lekker gekuier, werk was laaste op die agenda en toe loop die tyd uit!   :icon_biggrin: