Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => My gunsteling gedigte van die groot meesters => Topic started by: adele on February 20, 2012, 10:13:22 AM

Title: Majuba en die Engelse
Post by: adele on February 20, 2012, 10:13:22 AM
Hierdie stand van sake het “Oom Jan wat versies maak” (C P Hoogenhout) raak opgeteken in sy oorbekende gedig:

Engels! Engels! Alles Engels!
Engels wat jy sien en hoor;
In ons skole, in ons kerke,
Word ons moedertaal fermoor.
Ag, hoe word ons folk ferbaster,
Daartoe werk ons leeraars saam.
Hollans nog in sekere skole:
Is bedrog, ʼn blote naam!

Wi hom ni laat anglisere,
Word geskolde en gesmaad.
Tot in Frystaat en Transvaal al,
Oweral dieselfde kwaad.

“Dis fooruitgang!” roep die skreeuwers,
“dis beskawing wat nou kom!
Di wat dit ni wil gelowe,
Di is ouderwets en dom…”

http://maroelamedia.co.za/blog/die-groot-debat/die-kaapse-taalstryders-en-die-slag-van-majuba/

 :grommit:
Title: Re: Majuba en die Engelse
Post by: Meraai vannie Baai on February 20, 2012, 12:17:21 PM
Oeeee ek het GANIET dankie duisend kere matertjie vir die deel  :love7: :hello2:
Title: Re: Majuba en die Engelse
Post by: adele on February 20, 2012, 06:34:54 PM
C P Hoogenhout, kyk daai spelling.

fermoor.
Ag, hoe word ons folk ferbaster,
“Dis fooruitgang!”

wanneer het wie toe besluit om 'n V ipv 'n F te gebruik, wonder ek sommer


 :grommit:
Title: Re: Majuba en die Engelse
Post by: PM on March 05, 2012, 05:46:12 AM
Dankie vir die aandra matertjie.  Uit my boek van 1929 lees ek dikwels die ou skryfseltjies raak en geniet dit baie.