Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Helpmekaar => Topic started by: Stof on July 25, 2011, 04:38:04 AM

Title: Soektog na sagteware
Post by: Stof on July 25, 2011, 04:38:04 AM
Stof het 'n versoek.  Wie kan hom help?

Hy soek oorspronklike weergawes van Windows XP, met hul instaleringskodes, sowel as oorspronklike weergawes van Office 2000 en Office 2003.  Hy is seker daar moet mense wees wat afgegradeer het na Win 7 en Office 2007 en glo dit was 'n verbetering.  Die XP en Office 2000/2003 programme le dus nou en treur by hulle omdat hulle so wreed verwerp is.  Hier is nou 'n liefdevolle aanneemhuis vir die verlatenes waar hulle wel waardeer sal word.
Title: Re: Soektog na sagteware
Post by: Meraai vannie Baai on July 25, 2011, 04:58:37 AM
Luisie ek hou al my tone en vingers styf vas dat jou aanneemhuis vir verlatenes gevul sal word met dankbare 2000 en 2003 wesie-gawes!
Title: Re: Soektog na sagteware
Post by: Stof on January 17, 2012, 12:45:37 AM
En luis soek nog steeds.  Dis vir hierdie luisie net luislik onmoontlik om te glo dat alle eksemplare van Win XP en Office 2000 en 2003 net so van die aarde af kon verdwyn toe die wereld afgegradeer het na Win 7.

:stofluis:
Title: Re: Soektog na sagteware
Post by: PM on January 17, 2012, 07:59:47 AM
Ek hoop jy kom spoedig geholpe matertjie.