Die Klaskamer > Taalhulp

/ of \

<< < (2/2)

PM:
/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/  Lyk soos die draaitjies wat my omkapmasjien maak.   :icon_biggrin:
Dankie vir julle inset, nou weet ek ook.   :notworthy:

adele:
hier is 'n aanhaling uit 'n ou-ou skoolhandboek wat ek onlangs gekry het nl:

Die Lewende Taal
Afrikaans as Moedertaal vir die Sekondêre kursus
(standerds 9 en 10)

Hoofstuk twee behandel leestekens en so lui die volgende:

                                             (ix) Die Aksenttekens (` en ' )
      Die aksenttekens toon aan dat 'n woord beklemtoon moet word.

(a) Die gravisaksent (`) staan bo kort klinkers:
      ...èk het dit gedoen.

(b) Die akuutaksent (') staan bo lang klinkers soos aa, ee, waarby ook ingesluit word ou, oe, ie, ens:
      Dáár loop hy. Hy woú mos. Hiér is my geweer.


                                                (x) Die Caret  ( ^ )
[maar dit moet onder staan, nie bo in die lug hang nie, ek kry nie so 'n alt-kode nie.]

Die Caret is die teken wat aantoon dat 'n woord op daardie plek uitgelaat is, bv.: Ek het die (siek)^ man gesien.


Hierdie boek is té oud vir vandag....

 :grommit:

Stof:
Die \ (Alt 139) word dikwels as aksent gebruik, teenoor die / (Alt 130) wat veral in sekere Afrikaanse eiename, die laaste vokaal se uitspraak versag van 'n E na EI.  139 is dus 'n versterking, en 130 'n versagting.  Hierdie is bloot een verskil.  Daar sal nog baie ander ook wees.

PM:
Gebruik klemtekens net op vokale: a, e, i, o, u, y) eenklank en tweeklanke
(aa, oe, ee, eu en ou).
Om te beklemtoon word die akuut (ʹ) hoofsaaklik gebruik:
op een klank: ná, só, nóg, óf én
op albei vokale van ’n tweeklank: móét, méér en nóú,
      behalwe waar een van die vokale ’n i is: dié en nié, maar wel op ’n enkele i: dít
net op die eerste van twee vokale waar daar ’n deelteken op die tweede is: réën
op twee van drie vokale as daar ’n deelteken op die derde is: kóéël, behalwe waar een van die vokale i is: spiéël

Soms word met behulp van die akuut (ʹ) tussen betekenisse onderskei:
ál meer (“steeds meer” – al meer (“reeds meer”)
dié (“hierdie”) – die (bepaalde lidwoord)
só, (“op die manier”) – so (vergelyking)

Voorbeeld: Ernie Els is op koers ná sy vierde oorwinning in die wêreld-putjiespel-toernooi...
ná moes nie beklemtoon gewees het nie, omdat hy nog nie die oorwinning behaal het nie. 

Navigation

[0] Message Index

[*] Previous page

Go to full version