Die herhaling en ritme in hierdie gedig het 'n magiese aantrekkingskrag vir my. As ek die eerste vrae lees, en daarna die moontlikheid van waar/hoe dit kan plaasvind - afgesluit met herhaling van die vraag, het dit 'n dieper betekenis vir ons as leser. Dit is nou ingekleur met moontlikhede. Die gedig vloei ineen soos die herhaling in die natuur. In die laaste vers is ons terug by die vrae van soen, liefde, lewe, siekte, maar hierdie keer voel 'n mens of jy beter toegerus is weens die feit dat jy die formaat omgedraai het met siekte, lewe, liefde en 'n soen.
Siekte is deel van die lewe en liefde met 'n soentjie daarby is die salf en pleister op baie einas. Naas, jy het 'herhaalde vraag en antwoord struktuur' meesterlik ingespan. Inderdaad die bewys van hoe herhaling 'n fantastiese woord-instrument vir digters is. En ek is van vooraf bewus van die feit dat die antwoord soms vasgevang is in die vraag vanself as ons dieper delf.