Author Topic: epol  (Read 2187 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
epol
« on: October 12, 2011, 06:17:36 PM »
Ek haat dit wanneer mense hulle onnosel hou met simpel
vrae wat my teen die mure uit kan dryf!
Net nou die dag gaan koop ek ‘n sak EPOL hondekos by Pick
‘n Pay en ewe, terwyl ek so in die ry staan, vra ‘n vrou agter my of
ek ‘n hond het.
Nou kyk, net daar voel dit asof my derms draai van kwaadgeid, en my
brein begin skree soos staalwol teen ‘n swart bord.
Sommer aspris, sê ek vir haar, “Nee ek het nie ‘n hond nie – ek begin
met die EPOL dieët.”
Sy lyk toe nogal soos die basterbrak in ons straat, terwyl sy haar
kop draai en my snaaks aanloer, maar ek gaan ewe aan:
“Eintlik weet ek dat ek nie weer op die dieët moet gaan nie, laaskeer
het ek in die hospitaal beland. Ek het wakker geword in intensiewe
eenheid met pype wat in en uit elke gaaitjie in my lyf uitkom.”
Sy staar my aan met ‘n mengsel van skok en belangstelling terwyl
ek aangaan. “Maar ek het 22kg verloor in drie weke en dit was beslis
die moeite werd.”
Ek gaan toe aan en vertel haar dat die EPOL dieët eintlik volledig
voedsaam is met al die vitamiene en minerale wat mens nodig het vir
elke dag. En hoe mooi my hare deesdae blink.
Haar oë hardloop oor my voorkop na my boskaas en ek voel die simpel
ironie dat sy glo. Ja sowaar, glo sy als wat ek sê!!
Ek gaan aan hom haar te vertel; al wat jy doen is om jou broeksakke
vol te maak met EPOL soggens en jy eet een of twee wanneer jy
ookal honger voel. Hulle swel mos 5x hulle grootte uit en vul jou magie
sommer vinnig! Dit is so maklik!
Teen hierdie tyd luister al wat ‘n persoon is na my storie.
Heel geskok vra die vrou my toe of ek in die hospital beland het van
voedsel vergiftiging.”
Ek antwoord haar toe ewe kalm en verbaas: “Nee”, sê ek “ek het in
die straat gesit en my g*t gelek, toe ry ‘n kar my raak.”
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: epol
« Reply #1 on: October 24, 2011, 07:52:11 PM »
Loxi, ek sal myself mos half dood lag!!!
*The one and only AWESOME-EST