Author Topic: My grootste geskenke  (Read 2810 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
My grootste geskenke
« on: December 25, 2011, 08:04:44 AM »
Hierdie jaar was ons voorwaar geseend. Ons gesamentlike forumboek is gebore   :bootyshake: :book1: :icon_salut: en ons eie persoonlike boekies (4 & 5) het ook intussen die lig gesien en die grooootste geskenk: ons Meisiekind wat deur hel en terug is saam haar twee kaboutertjies, verwag haar derde prinsie na 11 jaar en die boetas en almal is in vervoering!  :icon_biggrin: :love7:

Deel graag die volgende paar fotos arig dankbaar, met julle  :toothy4: Verskoon Meisiekind en kabouters se kaal voetetjies, dit is tradisie in NZ en Aus om jou skoene uit te trek voor jy die huis ingaan LOL!


Merry Christmas little brother - we love you!!


Al vyf 'onthou-jy-nog-gebinde-skatte' bymekaar vir die nageslag.


Boekie no 4 en kleinkind wat baie trots tussen die Afrikaanse woorde soek na iets wat hy kan uitspreek as Ingelsmannetjie LOL!


En hier is boekie no 5 en sy inhoud wat geskep is met die PhotoScape program. Wat 'n fees was hierdie boekie vir ons kabouters nie!! Twee maande se speel met die fotos om die 'hidden world' te skep, was absuluut die moeite werd!

« Last Edit: December 25, 2011, 08:22:43 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: My grootste geskenke
« Reply #1 on: December 25, 2011, 08:18:51 AM »
Projek vir die volgende twee maande is ons boekie no 6 (Three Picture Stories) waar drie fotos elke keer 'n storie gaan 'vertel'. Een van die fotos op elke bladsy sal 'n oorspronklike kunswerk wees. In sommige gevalle, soos met 'The Secret Castle of King Double Bubble' word die kunswerk met PhotoScape weerkaats.
 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My grootste geskenke
« Reply #2 on: December 25, 2011, 09:14:58 AM »
Dit is werklik "skattig" Raaitjie.  Bedoelende dat dit werklik 'n skat is, 'n kleinnoot.   :hello2:
Baie geluk, ek wens ek kon een van elk in my boekversameling hê. 

Baie geluk met nog 'n kleinkind op pad.  Uit my hart uit wens ek vir meisiekind voorspoed en baie geluk toe.  Ek weet sy verdien dit. Mag hy ook vir julle baie vreugde bring. 
Daardie twee seuntjies het beslis hul mamma se voete ge-erf.   :toothy4:

Voorspoed met die volgende projek.  Soos ons jou ken weet ek dat dit net 'n groot sukses sal wees.

Geseënde Kersfees vir julle almal in die kringetjie.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: My grootste geskenke
« Reply #3 on: December 25, 2011, 09:21:53 AM »
EIsh.... die fotos bly groot wys. Hoop dit word weer kleiner soos die ander met tyd  :icon_bigsmurf: Duisend dankies vir die pragtige kompliment en seenwense PM. Dieselfde ook vir jou eie pragtige gesin!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My grootste geskenke
« Reply #4 on: December 25, 2011, 11:41:50 AM »
Dit is maar "raai en traai" en alles is vir my kosbaar.  Groot en klein!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.