Author Topic: Koebaai  (Read 2945 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Koebaai
« on: December 20, 2011, 08:41:09 AM »
Dis nou nie asof ek bekend is daarvoor dat ek baie te sê het nie, maar nogtans kom seg ek koebaai vir julle.  Ons vertrek so gou ons klaar gepak is, vir 'n week Mosselbaai toe. Gaan in Bertus se sussie se karavaan by sy boetie se huis intrek.  Die plan was om eers more te ry, maar as ons gou genoeg klaarkry, ry ons nog vandag. 

Mag julle almal 'n mooi kersfees hê saam met julle geliefdes en mag 2012 beter wees as 2011 - oorspoel met goeie gesondheid en voorspoed. Mag julle elke dag ontvang dit wat jy nodig het om 'n gelukkige mens te wees.

Nou ja, sien julle in die nuwe jaar as ek my nie voor dan dood huil oor my kind wat universiteit toe gaan nie.

Mwah

Gawie

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Koebaai
« Reply #1 on: December 21, 2011, 05:08:57 AM »
Hi Gawie...
By die tyd het jy al afgepak in Mossies. Of nog nie?
Ek hoop uit my hart dat julle veilig is en sal wees.
Wat jou trane oor jou dogter se varsity-tyd se aanbreek aanbetref, dis eers voooooolgende jaar.  Waarom nou al stress?
Of miskien huil jy oor die groot bedrae geld!!  Uitspattig duur - my mening.
My wense ook vir jou is 'n heerlike mengelmoes van strand, son, shopping, braaitjies, kuiers...  Onthou die sonroom.
Veilige reis.



elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Koebaai
« Reply #2 on: December 21, 2011, 07:19:01 AM »
Hi Gawelientjie, ek hoop julle het veilig gereis.  My ervaring is dat wanneer ek vreeslik opsien na 'n kuier, geniet ek dit die meeste.  Hoop dit is so vir jou ook. 

Gelukkig het jy 'n sterk-karakter-meisiekind en hoef dus nie nog bekommerd ook te wees nie.  Dat julle haar seersekerlik sal mis is nie te betwyfel nie. 

Waarvoor gaan sy swot en vir hoe lank?

Mag die seisoen vir julle ook baie vreugde inhou.  Geniet dit en kom heerlik uitgerus veilig tuis.  Ons sal jou mis.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Koebaai
« Reply #3 on: December 21, 2011, 07:34:10 AM »
Geniet die week en veilig terugry.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Koebaai
« Reply #4 on: December 22, 2011, 02:04:48 AM »
Geniet dierbare matertjie van my!! Ek gaan ons gereelde kuiertjies by die gevreetboekie en ritte met die skypeskoeter missssss.