Die Afrikaanse Forum

Vakansie Akkommodasie => Leeupoort Bos Vakansie => Topic started by: PM on August 06, 2022, 12:25:30 PM

Title: Leeupoort Bosvakansie
Post by: PM on August 06, 2022, 12:25:30 PM
Dit is 'n drieslaapkamer huis met 2 badkamers.  Elke kamer het een groot koningin grootte bed in. 
Die lapa is groot genoeg om 20 persone gerieflik te onthaal. 
In die kombuis is daar 'n 6 plaat gasstoof, 'n elektriese oond en 'n mikrogolfoond. 
Jy kan die einaar by 0828926391 skakel of e-pos pm@afrikaanseforum.co.za
Title: Re: Leeupoort Bosvakansie
Post by: PM on August 06, 2022, 01:16:26 PM
Leeupoort Bos Vakansie is 70 kilometer vanaf Warmbad (Bela - Bela) op die R516 na Thabazimbi en 114 kilometer vanaf Brits op die R511 na Thabazimbi. Die diere beweeg vrylik tussen die huise deur.  Daar is ook 'n reservaat (gratis toegang) waar jy met jou motor diere kan besigtig. Pak 'n piekniek mandjie en gaan kuier by die dam.

Title: Re: Leeupoort Bosvakansie
Post by: Gerhard on October 25, 2022, 04:01:29 PM
Wonderlike plek waar ons 2 weke gebly het. Die stilte en kalmte van die bosveld is verreikend. Die wild loop sommer teen jou stoep verby. Die plek is mooi skoon en toegerus met nuwe linne en kombuisware. Ons sal definitief weer gaan kuier.