Author Topic: plaas skade  (Read 12620 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
plaas skade
« on: November 15, 2012, 01:23:09 PM »
werf...... se doen en late:

ek dink dis by robetrson en ceres










wolsley



dink dis robetrson




ceres




















Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: plaas skade
« Reply #1 on: November 16, 2012, 05:14:03 AM »
Lieven loven Stoffel, dis verby vreeslik. Dis fffffreeslik!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: plaas skade
« Reply #2 on: November 16, 2012, 07:40:53 AM »
Dis barbarisme seg onse Hannes. 

As hulle die omvang van die rimpeleffek sou verstaan???
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: plaas skade
« Reply #3 on: November 16, 2012, 08:42:43 AM »
Dit is ontstellend. Ek het gister 'n berig hieroor raakgelees en toe praat hulle van Wellington. Dit was die gouste wat ek al 'n foon gegryp het om uit te vind of my boetie-hulle okay is.

Dit is so maklik om vernietigend op te tree, maar om op te bou is 'n ander storie.

Ek verstaan dit nie.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: plaas skade
« Reply #4 on: November 16, 2012, 07:17:03 PM »
ek hoor vandag een man seg hyt iewers gehoor dat daar gekla word dat ""ons kan nei eers brood en melk hier op die dorp koop nie".....maar dis hulle wat kla wat gehelp het paaie versper en winkels afbrand.


Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: plaas skade
« Reply #5 on: November 16, 2012, 07:20:59 PM »
het vandag 'n verklaring van die du toit groep gekry.........die trekkers en spuitpompe wat op die fotos is wat gebrnad het is hulel sin, splinter nuut.
hier is die verklaring.






VERKLARING DEUR DIE DUTOIT AGRI SE DIREKSIE EN BESTUUR

AAN WIE DIT MAG AANGAAN               15 November 2012

ANARGIE IN DIE WES-KAAP

Die anargie wat die afgelope 3 dae op die meeste van ons landboueiendomme in die Wes-Kaap heers, is vir die Direksie en Bestuur van Dutoit Agri 'n groot vertrouenskok.  Hierdie anargie is hoofsaaklik veroorsaak deur opgesweepte werker emosies.

Ons is oortuig dat werkers en welwillende landboubeleggers in die proses as speelbal misbruik is deur politieke magte met bybedoelings.

Hierdie spel het ontspoor en veroorsaak dat:

1.   Miljoene Rande se skade aan eiendomme in alle aanduiding veroorsaak is met spesifieke instruksies om eiendomme en roerende bates af te brand.

2.   Honderde Miljoene Rande se gevolglike skade gely gaan word omdat landboupraktyke soos besproeiing, oesbeskerming, oesvoorbereiding en insameling van die oes nie tydig uitgevoer kan word nie.

3.   'n Georkestreerde aanslag geloods is om jarelange goeie werknemer- en werkgewerverhoudinge te vernietig deur ongegronde beloftes aan werkers deur politieke verteenwoordigers waar vakbonde en die politieke partye ‘n prominente rol gespeel het. 

4.   'n Minderheidsgroep werkers spesifieke opdrag ontvang het om spesifieke eiendomme te teiken en Miljoene Rande se skade te veroorsaak.


5./….


   
5.   Hierdie minderheidsgroep werkers ander welwillende werkers deur flagrante oortreding van landswette geïntimideer en geweldadig aangerand het asook bestuur getraumatiseer en fisies aangerand het.

Die feit dat die Regering traag optree om beide werkgewers en werknemers se veiligheid en hul bates te beskerm, bevestig ‘n sterk vermoede van die kwaadwillige bedoeling van ‘n oorwoë veldtog van vakbonde en politieke partye. 

In belang van alle betrokkenes rig Dutoit Agri die volgende dringende en baie ernstige boodskap aan alle belanghebbers:

1.   Aan die Regering

1.1.   Ondersteun die Wes-Kaap landbougemeenskap deur voldoende polisie en ander veiligheidsmagte te ontplooi om ons en ons werkers te beskerm teen intimidasie en vandalisme.

1.2.   Ontbloot die kwaadstokers en hou hulle aanspreeklik soos die wet voorskryf.

1.3.   Bring die geïdentifiseerde saboteurs en vandaliste voor die hof sodat die reg sy loop kan neem.

2.   Aan die Welwillende Werkers

2.1.   Ons weet jul het deur geweldige trauma gegaan die afgelope 3 dae.  Hou asseblief moed, want ons staan by julle en ons doen alles in ons vermoë om die werksgeleenthede wat opgebou is oor baie jare, te beskerm.

2.2.   Hoewel moeilik, doen moeite om voort te gaan met kritiese take sodat ons Maatskappy kan oorleef.







3.   Aan die Bestuur

3.1.   Die erge traumatisering, slapelose nagte en lewensbedreiging wat julle moes deurgaan die afgelope 3 dae maak van elkeen van julle  ‘n held in krisistye.

3.2.   Julle toewyding is 'n bewys dat die groter roeping van Dutoit mense verenig om saam te veg vir oorlewing en die nastreef van ons visie.

4.   Aan die Gemeenskap

4.1.   Baie dankie vir duisende boodskappe van ondersteuning asook gebede. Ons waardeer dit en dit moedig ons aan om voort te gaan om die voorspoed wat ons na Suid-Afrika en spesifiek die Wes-Kaap bring met alle belanghebbers te deel.

5.   Aan ons Kliënte

5.1.   Ons sal alles in ons vermoë doen om die wonderlike produkte wat die natuur vir ons bied soos ooreengekom met julle, te lewer.

5.2.   Aanvaar asseblief hierdie episode in ons geskiedenis as 'n eenmalige gebeurtenis.

5.3.   Ons het jul nie teleurgestel oor baie jare nie.  Vertrou dus dat ons dit in die toekoms gaan voortsit.

5.4.   Ons vra om verskoning vir die anargie die afgelope week.  Dit was buite beheer.  Hopelik het ons regering nou finaal besef dat reg en orde ononderhandelbaar is om suksesvolle besighede te bedryf tot voordeel van almal.

6.   Aan ons Verskaffers:

6.1   Ons het baie waardering vir jul begrip en ondersteuning in die huidige krisis.

6.2   Probeer asseblief saamwerk om die bates wat vernietig is so spoedig as moontlik te vervang sodat ons die kritiese produksietake wat nou vereis word kan uitvoer.





Aangeheg is foto’s van skokkende tonele as bewyse van hoe 'n politieke magspel in hierdie gemeenskapskonteks uitspeel waar soveel mense afhanklik is van landbou. 

Ons bede, begeerte en geloof is dat Dutoit Agri spoedig toegelaat sal word om die goeie werk wat gedoen is oor meer as 100 jaar voort te sit.

Hierdie ontwrigtende ervaring dwing ons egter om opnuut 'n voorwaarde te stel dat die volgende  bedryfsomstandighede uiteengesit moet word vir ons om enige verdere beleggings in die landbou aan te gaan.

Naamlik:

•   'n Duidelike beleidsraamwerk van die regering wat ondersteuning vir landbou uiteensit.

•   'n Verbintenis om landbouers en landbouwerkers se veiligheid en die beskerming van hul eiendomme te waarborg.

Ons ervaring van hierdie gebeure is dat ernstige vrae ontstaan, soos:

1.   Tot watter mate kan ons prosesse outomatiseer en meganiseer om meer produktief te wees en afhanklikheid van arbeid te verminder?

2.   Is daar gewasse waarmee ons kan boer waar arbeid geminimaliseer of uitgeskakel kan word om risiko’s te beperk.

Gesien teen die fantastiese natuurlike hulpbronne waaroor Dutoit Agri beskik, gekoppel aan jarelange markverbindinge, kan opsies soos hierbo lei tot ‘n tragedie vir huidige werkers om nie eers te praat van werkskepping vir die jongmense van die toekoms nie.


Die uwe



P.S.F. du Toit                     G.C. du Toit
BESTURENDE DIREKTEUR:  BEMARKING      BESTURENDE DIREKTEUR:  PRODUKSIE

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: plaas skade
« Reply #6 on: November 16, 2012, 08:45:28 PM »
Ek is stom.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: plaas skade
« Reply #7 on: November 16, 2012, 08:50:00 PM »
die du toit groep is seker die grootste belegger in die landbou in ceres distrik as dit nie dlak in die wes kaap is nie. groter as groot.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: plaas skade
« Reply #8 on: November 16, 2012, 09:50:53 PM »
My Landsade, My Bloedsade


My land brand.
My mense bloei.
My woede gloei.

Kleurvolle Reënboog nasie -
kreatief, talentvol en geseën,
maar dom-astrant klou ons vas
aan gisters se verkeerde keuses
en versuur ons kinders se môres

My land brand.
My mense bloei.
My gevoelens stoei.

My oupa-grootjie se skatte
erg verdeel en verplunder
maar nie deur hom of haar nie.
Deur sy eie bloed-sade se selfsug
en nou moet ons mekaar weer vind!

My land brand.
My mense bloei.
My liefde skroei.

Jare tussenin weg verslind!
Bloed-saad versprei oor die aarde,
maar nou vind ons mekaar op sosiale-net:
Gevreet-boek en Google-pos ...
Geen-meer lyf tot lyf drukkies nie!

My land brand.
My mense bloei.
My trane vloei.

My generasie bloed-sade soek mekaar
en ons vind en werk versoening mee;
maar my land, my mense wil nie gee -
vloek en skel, ja die wreede moord en dood
en God se trane tornado op ons neer!

My land brand.
My mense bloei.
My vertroue groei.

Ons oupagrootjie se skatte vir ewig weg!
Hier en daar het een behou; 'n voorreg,
maar sy bloedsade se spore nou weer saam!
Kan my land, my mense nie ook saam
staan, werk, bou, leef, gee en bid nie?

My land brand.
My mense bloei.
My wese gloei.

© Ah,Willa!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: plaas skade
« Reply #9 on: November 17, 2012, 05:34:50 AM »
Dit is nou die rimpeleffek.  Die uiteinde is werkloosheid en hongersnood wat nog net meer misdaad in die hand werk.

Wat is fout met ons regering.  Probeer hulle Suid Afrika vernietig?  Kan hulle nie uit die verlede se tragedies leer nie?
« Last Edit: November 17, 2012, 05:37:08 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: plaas skade
« Reply #10 on: November 17, 2012, 06:57:33 AM »
'n brief in vandag se Burger koerant

Betrokkenheid van kinders wek kommer
deur Triplejay
2012-11-17 02:00


Dit is duidelik dat in Suid-Afrika ’n nuwe kultuur bestaan. As jy oor iets ontevrede is, het jy vrye teuels om af te brand, te besteel, te plunder, aan te rand en selfs te vermoor. O ja, jy moet ook kan dans en kan sing, alhoewel daar deesdae ’n beperking op sekere liedjies is. Maak nie saak of die partye aan die ontvangkant van hierdie optrede betrokke by of verantwoordelik is vir die ongelukkigheid nie. Verwys mynbedryf, boerderye, bewaring van perlemoen, munisipaliteite en gebruikers van provinsiale en nasionale paaie.

Wat nog kommerwekkender is, is dat selfs kinders hierdie optrede as die norm beskou en uitvoer. Hier verwys ek na hul betrokkenheid by, onder meer, protesaksies by skole en dan die aanval van twee kinders op die bus van die Zambiese sokkerspan nadat hulle die wedstryd teen Bafana-Bafana gewen het. Die kinders was blykbaar ongelukkig omdat hul span verloor het. Gaan daar in die toekoms ’n nuwe vak op skool aangebied word oor “hoe om sukses te bereik deur te staak en te betoog”? Dit is die hoofvak, met sang, dans, brandstigting en klipgooi as aanvullende vakke. Dit lyk vir my dit is hoe talle hul toekoms wil verseker.

Is daar nog hoop vir ons geliefde Suid-Afrika as “anargie” die botoon voer?

Triplejay

Bellville

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: plaas skade
« Reply #11 on: November 17, 2012, 07:19:40 AM »
ek wonder as die klomp wat so oproerig is en skade aangebring het oor so 3 weke begin nugter dink ( kan hulle nugter dink?) en besef wat hulle aangevang het, ( sal hulle besef?) dlak sal begin dink en in hulle binneste voel nout ons darem droog gemaak en skaam voel daaroor en of hulle trots sal wees op die skade. Ek is bervrees dis die laaste stelling van trots wees. 

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: plaas skade
« Reply #12 on: November 17, 2012, 07:54:24 AM »

Wat is fout met ons regering.  Probeer hulle Suid Afrika vernietig?  Kan hulle nie uit die verlede se tragedies leer nie?

niemand weet nie. dis soos 'n Farao-effek, hulle denke en oe' word gesluit.

Hul Lewensaar Verbrand

Waar wingerdgroei
die werkers boei
om arbeid in te ploeg,
groen elke blaar vol chlorofil
om kleurevreug
aan kunstenaarsoog te bied

tot vingers vol haat
skeef aangehits
verwoesting saai,
deur satanswerk
in helsvuur aangeblaas
(om politieke vraatsug
te bevredig?)

dan bly geen groei meer oor
om stryd te voer
of na lewenslug te hyg,
want dor, verkool
-net stoppels oor-
word wingerde agtergelaat

sodat mens en dier
verstom verslae
onmagtig kyk hoe
stormwinde voorttier
oor die skaakspel
van vrugtig’ wingerdveld

en terwyl die lewensaar
na huis en haard
se as wegwaai oor die Vallei,
mars hul opstandig voort
met geen begrip
van tyd of geld
rondom ‘n nuwe wingerdplaas …
wie gaan hul nou versorg?

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: plaas skade
« Reply #13 on: November 17, 2012, 08:32:25 AM »
Dit is duidelik dat in Suid-Afrika ’n nuwe kultuur bestaan.

Nuwe?  Nee, dit is 'n kultuur wat al eeue oud is.  Ek was nog self 'n kinders op skool toe skole en treine en wat-nog afgebrand is oor ontevredenheid.  Afrika se geskiedenis is deurspek met moord en geweld.  Kinders was nog altyd deel daarvan en sal ook altyd deel daarvan wees.  Die ergste van als is:  Monkey see, monkey do!

Goed gestel:  Hul lewensaar verbrand!
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: plaas skade
« Reply #14 on: November 17, 2012, 08:52:35 AM »
Ek glo die mense is kwaad vir die regering maar haal dit nou op die boere en die gemeenskap uit want hulle het nei die wysheid om te weet ( besef) dat hulle nie vir die ANC hoef te stem nie. Hulle glo hulle moet vir ANC stem en dan word iets anders die skuld gegee wanneer daar ongelukkigheid is wat die regering se oorsaak is.