Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: Lox on July 01, 2011, 02:30:27 PM

Title: botswana deel 4
Post by: Lox on July 01, 2011, 02:30:27 PM
DEEL 4

Woensdag het ons rustig gevat. Oggend na ontbyt het ons so teen die rivier langs gery in oostelike rigting. Eers van die pad  afgedraai en die natuur bewonder en ingeneem. Op ‘n oop stuk stilgehou en uitgeklim.

Foto 102 F wys die oopte

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%204/102Fveldlangsrivier.jpg)

Foto 103 F  Warick geniet die stlte van die veld.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%204/103Fwarickgenietdieveld.jpg)

Foto 104 en 105 het Alida afgeneem

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%204/104Fboomstompe.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%204/105Feende.jpg)

Foto 106 Ek het in die water in gestap om die water lelie af te neem.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%204/106Awaterlelie.jpg)

Daarna het ons weer verder gery en toe die volgende bederf gekry. Samba se neef wat voor ons in die pad stap.
Foto 107 K
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%204/107Kleeuinpad.jpg)

Hy het af gedraai en in die veld gaan stap en die bos gemerk en weer verder gestap.
Foto 108 K
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%204/108Kleeumerk.jpg)


Op Foto 109 F stap hy maar weer verder aan en af en toe kyk hy om Foto 110 F

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%204/109Fleeuinpad.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%204/110Fleeukykom.jpg)

Foto 111 F

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%204/111Fleeunaby.jpg)

Hy het later besluit om onder ‘n bos te gaan lê en ons het toe veder gery. Ons wou kyk of ons met die pad kon aanry en later weer in die grootpad kom maar die pad was voorkant vol water en na nou die aand se ondervinding besluit almal eenparig ons draai maar om.

Op pad terug het ons hout opgetel en ons was nie seker hoe ver dit van die plek was waar ons die leeu gelos het nie. Die operasie het maar gou gegaan en die ander klomp in die ander bakkie het probeer “kywie” of  “chips” hou vir wanneer leeu se kind dalk nader staan. Nou wonder ek so agterna wat se geskarrel sou dit wees indien hy wel daar kom loer het.

Foto 112 F

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%204/112Fhoutoptel.jpg)



Title: Re: botswana deel 4
Post by: PM on July 05, 2011, 03:24:08 PM
Dit is heerlik om so saam te toer.  AB, jou foto's is beslis die moeite werd.  Dankie daarvoor! 
Title: Re: botswana deel 4
Post by: Lox on July 05, 2011, 06:02:37 PM
plesier, daar kom nog, as jy wil kyk