Die Afrikaanse Forum
Digkuns => Digformules of -strukture => Topic started by: PM on May 05, 2011, 10:23:11 AM
-
Gebruik vier woorde wat met mekaar rym.
Elkeen van die woorde moet slegs uit twee lettergrepe bestaan.
Voorbeeld:
Lustig
Rustig
Snoesig
Soesig
Skryf nou twee versreëls van nege lettergrepe elk en gebruik die eerste twee woorde in die eerste versreël en die ander twee woorde in die volgende versreël so:
Di's stilte wat lustig rustig lil,
wat my hart so snoesig soesig vul.
Die rympatroon is dus aaaa (die eerste vier rymwoorde)
en die twee nege lettergreepversreëls is bb.
Die twee rymwoorde val op die vyfde, sesde, sewende en agste lettergreep in elke versreël. Dit is egter nie ‘n vereiste nie.
Hier is ‘n uitstekende voorbeeld van hoe Gawelina dit gedoen het:
listige hart
rustig
ontstig,
kunstig,
listig,
rustig ontstig jy my brose hart,
kunstig en listig, bring jy die smart.
en in antwoord op die arme man se weerloosheid antwoord sy dan.
prettige bruid
kattig,
skattig,
prettig,
wettig
Kattig, skattig lag ek jou nou uit,
want prettig, wettig, is ek jou bruid.
-
'n voorbeeld deur Meraai vannie Baai.
KLEINE MENS
Fyne
Kleine
Fraaie
Mooie
Ek bring vir jou fyne, kleine mens
op dié dag, 'n fraaie, mooie wens!
-
Gawie, hierdie was vir my die mooiste voorbeeld! :icon_salut: :notworthy:
-
Hartlam
Skatlam
Sorgsaam
Waaksaam
Ek sal my hartlam, skatlam bewaar
sorgsaam, waaksaam toevou in liefde.
Uitgang
Verlang
Gedrang
Vervang
Met bene wat die uitgang, verlang
is ons vriendskap in gedrang, vervang.
© :angel12:
-
:hello2: Dit is reg Trappies. Jy is 'n sterretjie aan my hemel! Ek wonder waar is Gawie en Naas, onder andere?
-
Koffieroom
Dagdroom
Hartsesoom
Koppieboom
Oor koffieroom sit ek en dagdroom
Vind my hartsesoom in koppieboom.
Aangepaste Tyburn :headbang:
-
:icon_biggrin: Jy het dit goed aangepas en dit pas mooi Naas. :icon_biggrin: Ek is dankbaar om jou terug te hê, het amper op die vliegtuig geklim en jou kom soek. :love7:
-
Jaagduiwel
Handrat
Stofpad
Windgat
Kortvat
Jaag met jou handrat die stofpad af.
Oupa sal die windgat kortvat, straf.
Skepping
Kragtig
Magtig
Prettig
Pragtig
Woorde kragtig en magtig gespreek
Het prettig pragtig duister gebreek
Blomprag
Dierprag
Mooidag
Rooidag
Op die mooidag het rooidag ontplooi
Blomprag en dierprag het ontdooi
:icon_bigsmurf:
-
Hoe geniet ek nou om te sien hoe geniet jy hierdie struktuur Naas. Baie dankie vir die deelneem. Dit is baie goed geskryf.
Gawie het nogal gesê sy hou van die struktuur, maar ek wag en wag en sien niks!
-
Gawie se kreatiwiteit het verdwyn tussen bak en brou en skool en sjampanjenooi kompetisies, universiteite se ope dae en wat nog alles. Ek geniet egter die bydraes vreeslik.
-
Aitsa, jy is 'n besige meisie! Ek is bly jy geniet dit, en om te lees. Ons sal geduldig vir jou wag tot jy 'n tydjie kry. :love7:
-
Ek het hierdie gedigstruktuur lankal net so geniet PM. Hier is my ou (11, September, 2009) voorbeelde:
KLEINE MENS
Kleine
Fyne
Mooie
Fraaie
Ek bring vir jou kleine, fyne mens
op die dag, 'n mooie, fraaie wens!
© Meraai vannie baai
HIERDIE TYBURN IS GESKEP VIR PM NA HAAR UITDAGING AAN ONS
Gifappeltjie
Moerig
Knorrig
Sondig
Skuldig
Terwyl jy so moerig-knorrig tier
kom pleit ek nou sondig-skuldig hier!
© Meraai vannie baai
VARIASIE VAN DIE STRUKTUUR:
Ek het op die volgende tema met drie 'verse' uitgebrei. Gewoonlik bestaan die gedig net uit die vier rymwoorde en twee saamgevoegde sinne. Hier het ek die vier rymwoorde op verskillende plekke ingespan. Hopenlik sal die struktuur effens makliker in plek val:
VOOR DIE KANSEL VERSAAK ...
Strikdas
Stropdas
Judas
Verkas
Laat 'n strikdas met sy stropdas-wurg
Judas verkas, weereens sonder murg.
Skandaad
Misdaad
Geskaad
Versmaad
Is dit skanddaad of misdaad vra hul?
Geskaad en versmaad is sy verkul!
Uitdaag
Verjaag
Neerlaag
Rouklaag
Met die uitdaag van seer verjaag, brand
haar neerlaag; vorm rouklaag 'n teer wand.
© Meraai vannie baai
-
Ek verlustig my aan jou woorddisse. Dankie vir jou inset.
Ek kyk na die woord "skandaad". Ek wonder net of 'n mens dit nie "skanddaad" moet spel nie?
-
Skerp oog mater!! Jy is 100 persent korrek. Nou sien ek weer hoekom ons mekaar so nodig het :notworthy: :icon_salut: Ek het gaan regmaak!
-
Ek is tog te dankbaar as julle ook daar is om my vingerfoutjies reg te maak. Ek dink dit is wat ons samehorigheid skep. Lief jou stinkend matertjie. :love7: