Die Afrikaanse Forum
Voorstelle en klagtes => Baie geluk... Baie welkom => Topic started by: Angelica on February 15, 2015, 07:37:29 AM
-
Hmmmm???
Is dit dan nie nou in hierdie maand nie??
:occasion18:
-
Ja, ons tweetjies is so bymekaar. Jy die twaalfde en ek die 16de.
Mag jou nuwe lewensjaar ook baie mooi wees.
Wat is jou Shinese teken?
-
Ek is 'n PERD - 1954.
Ek trippel kop omhoog deur die lewe.
Perde is koppig en hardwerkend en het baie styl. Hulle geniet aktiwiteit en het 'n avontuurlustige, spontane aard. Hulle hou van geselskap en skep 'n goeie indruk, maar hulle is EIEWYS en doen gewoonlik dinge op hul eie manier... (So bietjie rebels... en basta).
-
Jy is 'n perd so na my hart!
Wat hou die nuwe jaar vir jou in?