Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Baie geluk... Baie welkom => Topic started by: PM on February 19, 2012, 09:39:22 AM

Title: Welkom Ah Willa
Post by: PM on February 19, 2012, 09:39:22 AM
Dit is met groot vreugde  :hello2: dat ek vir Ah Willa hier welkom heet.  Die meeste van julle ken ons "rooikop".
Wees welkom en voel tuis Willa.  Ons sien uit daarna om jou skryfseltjies te deel.
 :bootyshake: Ek doen die forumdans!  :love7:
Title: Re: Welkom Ah Willa
Post by: Ah Willa on February 19, 2012, 10:42:39 AM
 :love7: dankie PM  :pottytrain2:

vir twee jaar het ek droog rond ge  :walk: sonder mooi lees verse en woorde,
want klein mini-me, alias Theo en die HHH projek het my besig gehou ...

Nou is hy ampertjies 3 en HHH amperpetjies klaar en is Vadertjie tyd meer vriendelik ... ek het laas week op Woes gaan inloer ... maar ag ai ...
maar hier kom ek julle almal nou weer raak lees  :angel12:

 :wav:

Ek het baie om te lees en te sien en Theo kom net nou terug van Ouma en Oupa ... gesels so bietjie later meer ... gaan nou LEES ;-)

liefdetjies
verooide Vlamvrou wat darem nou al weer amper net Afrikaans is ...   :color:
Title: Re: Welkom Ah Willa
Post by: Meraai vannie Baai on February 19, 2012, 11:27:14 AM
Welkom welkom welkom matertjie!! Soos onse PM sien ekke ook uit om jou spore te volg hier op die woorderf  :hello2:
Title: Re: Welkom Ah Willa
Post by: PM on February 19, 2012, 11:54:31 AM
Hie-hie, julle tweetjies wat so knaend deurmekaar raak met  :bootyshake:  :pottytrain2:  :icon_biggrin:
Title: Re: Welkom Ah Willa
Post by: Ah Willa on February 19, 2012, 01:51:58 PM
Dis so lekker om weer 007, alias Meraai van die baai raak te lees - daar op bakkiesboek sien ek net die mooi fototjies ... :-)

PM jy weet mos ek het gescrambelde einstein breins ...

het so paar van my onlangse grappies daar op die hoekie waar PM my gesit het, gaan plak ;-)

Ek het baie lees werk om in te haal - ek het so een gedig van elkeen gelees  - sal stories later byhaal - gedigte is mos maar my siel se kos ;-)

 :wav:
Title: Re: Welkom Ah Willa
Post by: PM on February 20, 2012, 07:23:54 AM
Dit is goed so, neem jou tyd en geniet dit. :love7:
Title: Re: Welkom Ah Willa
Post by: Ah Willa on February 20, 2012, 08:53:48 AM
Het darem al deur elkeen se hoekie gewerk - en 'n gedig of wat gelees - die stories sal ek nog almal kom lees ... lief gedigte - so ek verslind hulle eerste :-)

sjoe dis so lekker om weer met mooi omring te wees  :hello: