Die naam het my hierheen getrek. Want ek is GROOT op catnip. Maar nie vir myself nie. My vier katkinders, alhoewel eintlik net drie. My oudste een, 16 jaar, sit nie haar mond daaraan nie. Maar die ander drie love dit. Saans maak ek hulle toe, na 6, vir hul eie veiligheid. Hul kry dan elkeen 'n snack, en dan so rukkie daarna hul droee kos, en dan is dit catnip tyd. Hulle raak behoorlik in 'n beswyming van genot. En dan krul al vier op my bed op, en skrop nessie. Hou solank vir mamma haar bed warm en gereed. My Caesar koningkeiser kat se een voorpoot is geamputeer, al 2 jaar gelede. Hy leer my daagliks hoe mens nog met groot vreugde deur die lewe op drie bene kan huppel. Ek huppel saam met my drie bene, die twee slependes en die kruk. En ou Brutus, die is sonder 'n stert gebore, en is 'n meester balanseerder, stert missing of te not. En klein Pip het hier aangekom met 'n erge ooginfeksie, sommer so dwalende een dag, al asof hy my adres gesoek het. En ek het dit met salf en druppels, teen die geloof dat dit gedoen kon word van die veearts, reg gedokter tot 'n normale oog. Lizzie, die enigste vroutjie onder hulle, het die kuns vervolmaak om uiterste afkeuring en afgryse op haar snipgesiggie ten toon te stel ten opsigte van die drie barbare se maniertjies en uiterste verslawing aan catnip.