Author Topic: botswana kalkfonftein deel 15 A  (Read 4133 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
botswana kalkfonftein deel 15 A
« on: July 13, 2011, 07:06:59 PM »
Deel 15

Ek het vertel van die grenspos by Katima waar ek 2 boeke vir die voertuig moes invul en paspoort stempel en dis al admin wat hulle my laat doen het.

Hier op Ngepi onthou ek van vorige keer by Namibie se grens het ons iets betaal. Die mense wat langs ons kamp kom van Gauteng af en ek vra hulle. Die man wys my die padbelasting wat hy moes koop. Ek besef toe as ons by padblokkade gestop word gaan ons probleme kry.
So 20 na 25 km suid van Ngepi is daar ‘n grenspos Botswana toe. Ons ry toe maar daarheen en gaan koop die padbelasting om veilig te speel. Nou weet ek nie of dit die 2 polisevroue wat kaartgespeel het wat dit moes verkoop nie en of daar dalk ‘n 3de gebou was. Niemand het by die hek gevra of ons dit het nie, net gekyk of paspoort gestempel is. Gewoonlik word al die nodige papiere na gegaan voor jy deur die hek mag ry.

Maar nou ja so is dit maar. Afrika is soms vreemde plek.

Ons het op Rundu petrol ingegooi en by die winkel draai gemaak om paar goed te koop.
Onder andere rump steak. Die rump was gevries wat die slagter toe 3 skywe af gesaag het.


Ons ry suid en oppad Grootfontein toe en sal maar sien waar ons gaan slaap vanaand.

Ek sit agter en slaap. Warick bestuur en by die veearts grens word ons gestop om vleis te verklaar. Ek raak onnodig effe moeilik.

Verklaar die rump en nou moet ons dit verbrand maar moet dit self doen. Ek sê hulle kan dit maar vat en self eet en geniet, maar dit mag ook nie so werk nie.
Op die ou end moet ons dit gaar maak net so dat die vleis nie rooi is nie.

Gooi die gevriesde rump op die gasplaat en braai. So effe bruin buite om en die beampte is tevrede. Pak maar weer die half ondooide en effe bruin buite rump in die yskas en ry weer aan.

485



Toe ons nader aan Grootfontein kom wonder ons waar gaan ons slaap. Sien toe Kalkfontein se bord en die plek is teen aan die pad. Draai in kry vir Andre, die gastehuis bestuurder en hy sê dis reg ons mag op die gras kamp teen R70 per tent per nag. More oggend se ontbyt is R25 per kop en ons kan die een badkmer in die huis gerbuik wat in die een kamer is wat ‘n buite deur het.

Toe sien ons die leeu in die hok. Dit is Mufasa wat saam met ‘n spanjoel hond grootgeraak het. 9 jaar oud. Nou net klaar geeet, 25 kg vleis. Hy moet juis sy hok gan oopmaak dat hy in die kamp kan gaan loop.

Mufasa is mak sal jou nie wil leed aan doen nie en is baie spelerig. Die probleem is hy is so groot sal jou seermaak en doodspeel al bedoel hy dit nie. Ons kon darm deur die draad aan hom vat. Hy het gaan lê soos ‘n kat of hond wat dik gevreet is en in die son lui lê en bak en vreeslik daarvan gehou dat ons sy pens krap.

486

 
Mufasa het toe uit sy vreet hok in die 3 hektaar kamp gegaan en teen die draad gaan le vir nog aandag. Met die foto het ek mt hand en kamera deur die ogiesdraad gedruk. Kyk geen baklei merke op sy gesig of vel nie.
487


Daar is 2 hokke met een rooikat elk in en die goed blaas soos blaasbalke as mens nader stap. Ek vra toe is dit nie wreed om hulle so aan te hou nie en die antw was dat as hulle in veld gelos was of vrygelaat word sal hulle dit nie maak nei want die boere gaan hulle dooimaak, hulle vang lammers.

488






Die huis op Kalkfontein. Dit is ‘n baie netjiese huis met baie slaapkamers en badkamers en ommuurde swembad en eetsaal met kombuis want dit is ook ‘n gastehuis.
489



Ons het op die gras gekamp teen R70 per tent per nag.
490



Die eetsaal se naam is Lions stable en op die foto kan jy die spanjoel hond sien wat saam met mufasa grootgeraak het. Spanjoel is gedurig dar teen die kamp se draad en gesles met mufasa.
491


Die vetplant gesien maar weet nie wat sy naam is nie.
492



Kalkfontein se hek
493

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.