Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on August 28, 2021, 08:46:06 AM

Title: Waar steek jy jou botteltjie weg
Post by: PM on August 28, 2021, 08:46:06 AM
Ons het 'n vriend wat graag Saterdae sy voelhokke versorg.  Alles word mooi skoongemaak, natuurlik eerste die waterbakke.
Daar word nou mooitjies sy "doppie" geskink en so nou en dan vat hy 'n slukkie.
Vroulief sukkel nou al jare om uit te vind waar hy die lekker-lag-voggies wegsteek, maar tot nou toe is sy nie 'n bietjie wyser nie. 
Wat is jou geheim?
Title: Re: Waar steek jy jou botteltjie weg
Post by: Meraai vannie Baai on September 03, 2021, 05:15:54 AM
Oulike plan! Geen geheim om te deel nie maar wou darem net vertel ons is terug na 'n wonderlike drie maande wegbreek.
Title: Re: Waar steek jy jou botteltjie weg
Post by: PM on September 06, 2021, 09:24:19 AM
Dankbaar julle is veilig terug en sekerlik heerlik uitgerus. 


Ons is terug in Annlin waar ons hard spook om ons opgedonsde huis en tuin te probeer red nadat huurders dit opge-efwoord het.  'n Mens staan verslae as jy sien dat daar soveel mense is wat geen meer selfrespek en goeie waardes het nie.  Dan vra jy hoekom drink ek hou my op met jiggeloes?
Title: Re: Waar steek jy jou botteltjie weg
Post by: Naas on September 12, 2021, 05:27:30 PM
As ek julle verlel waar eky giggelwater versteek is dit nnie meer 'n geheim nie.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Waar steek jy jou botteltjie weg
Post by: PM on September 12, 2021, 05:36:04 PM
Jy is vernderstel om te maak asof dit een van jou vrinne is Naas!  Hoe het ek dit dan nou met jou? :headbang:
Title: Re: Waar steek jy jou botteltjie weg
Post by: Naas on September 12, 2021, 06:17:43 PM
Nee, my vriende sal daai giggelwater uitdrink en dan het ek niks vir myself oor nie.
Kan jy 'n geheim hou?

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Waar steek jy jou botteltjie weg
Post by: PM on September 12, 2021, 09:11:31 PM
Natuurlik kan ek!   :toothy4:
Title: Re: Waar steek jy jou botteltjie weg
Post by: Naas on September 12, 2021, 09:43:09 PM
Ek ook.   :hello2:

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Waar steek jy jou botteltjie weg
Post by: PM on September 12, 2021, 09:44:10 PM
Ja toe, jy het my lekker gevang.  Gedink ek kan jou geheim vir almal vertel!  :angel8: