Hilda bring vir Hessie ‘n moeskatjie kantoor toe, sommer net…
Hessie kyk die moeskatjie so en sê sy wil nie die moeskatjie hê nie, dankie.
Hessie vra vir Ella, dis nou ek, hulle noem my maar sommer Ella, wil jy nie die moeskatjie saam met jou huistoe vat nie, ek wil dit nie hê nie.
Sure, sêg ek, ek sal dit vat. En by die huis druk ek die moeskatjie in die lang geskenksak wat in my yskasdeur staan, sommer net... Die moeskatjie staan nog rustig en rus tot die regte tyd om hom weer uit te haal. Nog nie eens ‘n piep gepiep nie. Koel soos ‘n kat.
Nou wonder ek, as jy nie hierdie Bergwater Moeskat sommer net so drink nie, wat maak jy nog met hom behalwe nou om hom oor jou roomys te drapeer?
Ek het al daaraan gedink om hom in my smoothie te gooi.