Die kuierstoep > Helpmekaar

Carbon potlode

(1/2) > >>

Fransi:
Die eerste keer wat ek die oorsee se kunstenaars se tekeninge gesien het, het ek gewonder hoe hulle dit regkry. Die tonale waardes van pikswart tot die ligste grys.
Potlode het die manier om hoe donkerder jy gaan al hoe meer te blink en steeds grys te bly. Na maande se gesoek na die "wonder"-potlood wat die kombineer van houtskool en potlood moontlik maak, het ek uiteindelik Carbon potlode ontdek. Ek kry egter nêrens in Suid-Afrika 'n plek wat dit verkoop nie. Ek soek dit met 'n seer-seer hart. So indien een van julle dalk weet waar ek dit in die hande kan kry, sal ek baie dankbaar wees. Veral Wolff's carbon potlode. Hulle sal perfek werk.

Fransi:
Ek kan nie glo ek het nou amper R600 betaal vir 4 potlode nie. Dit is die moeite werd. As julle dalk 'n plek ontdek wat dit vir goedkoper verkoop sal ek baie baie dankbaar wees. Dankie. :-)

PM:
Ek sal op die uitkyk wees.  Dit is darem "viskikkik" duur.  Dit is die materiaal wat die kunswerke so duur maak.  Die kunstenaar se tyd word nie vergoed nie! 

Fransi:
 :hello:

Baie dankie PM, ek waardeer dit oneindig baie.
Dit is so waar, kuns klink altyd duur vir die leek en asof die kunstenaars gierig is, maar eintlik maak 'n mens baie minder per uur se werk as enige ongeskoolde werker en jy het die risiko dat jou werk nie gaan verkoop nie.
Tensy jy bekend is.  :icon_biggrin:

PM:
Dit is sekerlik die grootste probleem.  Dit is 'n duur kuns om uit te lewe as jy dit nie verkoop kry nie.  Dan woon julle nog in 'n klein dorpie waar daar nie baie blootstelling is nie. 
Kunsuitstallers wil ook gewoonlik 'n groot hap hê.  'n Woeste rondomtalie. 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version