Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: adele on August 09, 2018, 01:25:54 PM

Title: Nuwe woorde
Post by: adele on August 09, 2018, 01:25:54 PM
Anton, ek het gaan inloer by jou forum en twee goed het my hart gesteel... Die foto van jul kleinman wie se werk dit is om die waentjie vas te hou, ag daai gevreetjie is te dierbaar.

En jul woord 'Ween Hoekie' vir klagtes ... oulik.
Title: Re: Nuwe woorde
Post by: Meraai vannie Baai on August 11, 2018, 12:28:15 AM
Die woord het my hart ook gesteel mater. Ons het gewis 'n skilderagtige taal. Lank lewe Afrikaans en al die nuwe woorde!
Title: Re: Nuwe woorde
Post by: Anton Louw on August 11, 2018, 06:43:30 AM
Hehe   ons moet seker maar 'n plekkie maak vir diegene wat wil kla en huil.  Gelukkig is daar nie baie Inhoud daar in die Ween Hoekie nie.

Die woord waarop ons natuurlik baie trots is, is eerbaarlik, eerbaarlike en eerbaarlikheid.    DIe ander een is staar siekte.

Nadat ek hier by julle aangesluit het, het ek sommer 'n sub forum gaan stig op kampforum -"Taal kuns & kultuur -  die eerste pos daarin was Naas se gedig "Wat van Liefde"  -   :read2:
Title: Re: Nuwe woorde
Post by: Meraai vannie Baai on August 11, 2018, 06:53:49 AM
Naas is ons eie Langenhoven en daardie eerste plasing van jou op die nuwe erf, is eerbaarlik perfek Anton! Ek het ook gaan loer maar kon nie ver kom nie - moet aansluit blykbaar. Het probeer maar heelaas weier die program om my username as Meraai vannie baai, te aanvaar. Ek weet nie of dit dalk is omdat ek 'n NZ epos adres het nie.
Title: Re: Nuwe woorde
Post by: Anton Louw on August 11, 2018, 07:03:32 AM
Ai Meraai ,die tegnologie darem.

As jy 'n profiel wil skep, stuur sommer vir my 'n epos  aan anton@kampforum.co.za  , dan kyk ek of ek dit vir jou kan doen.
Title: Re: Nuwe woorde
Post by: Meraai vannie Baai on August 11, 2018, 07:04:22 AM
En ek doet voort.. hou jou poskoets dop sebliefie  :notworthy:
Title: Re: Nuwe woorde
Post by: Anton Louw on August 11, 2018, 08:12:15 AM
Meraai ek het nou 'n oomblik van absolute vreugde en blydskap ervaar toe ek lees Johann Lock ken vir julle.   Sulke dinge wys altyd vir my dat ons pogings om uit te ryk na mekaar altyd baie vrugte en blydskap kan voorsien.

Dankie dat jy aangesluit het, ek dink julle kamp kultuur gaan sommer mooi inpas, saam met die Afrikaans.  :hello2:
Title: Re: Nuwe woorde
Post by: Naas on August 11, 2018, 08:21:07 AM
My naam is ook vol afwagting op daai koets.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Nuwe woorde
Post by: Meraai vannie Baai on August 11, 2018, 08:26:37 AM
My wereld! Kan jy glo. Ek dink dit is Outop se neef ja. Die ouvrou neem lank om iets baas te raak so ek koekeloer nog na al die fensie dinge wat julle daar het  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Nuwe woorde
Post by: PM on August 13, 2018, 02:02:51 PM
Raaitjie, ek het ook 'n slotjie daar gesien rond dans en gewonder of dit familie van julle is.  Dit is nie 'n alledaagse van nie. 

Anton, dit is maar moeilik vir die "oumense" om nuwe goed gewoond te raak,  maar ek is seker een van die dae kuier ons lekker daar op jou kampstoep. 
Title: Re: Nuwe woorde
Post by: adele on August 13, 2018, 02:17:34 PM
Mag ek ook probeer aansluit, aangesien dit na kamp lyk. Anton, wat behels jou werk alles, as jy wil vertel? Dit klink vir my jy kuier oral rond en vertel (adverteer) dan die plekke aan lesers, is dit so iets? Ja, ek was ook lief vir kamp, en het deur my veelbewoĆ« lewe soms kans gekry alwas dit veel minder as wat ek voor sou wens. Maar tans is die kans ook groot ... ons probeer net wegloopkans inruim  :love7: