Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on June 07, 2012, 06:17:11 AM

Title: Ons Hoort....
Post by: Angelica on June 07, 2012, 06:17:11 AM
met die môrester wat nog hoog sit,
vele kussings wat in- en uitskuif
onder my nek,
eindelose ketels kook en KFM94.5,
nà baie praat met hart en verstand,
staar na swart-en-wit portrette,
vrae vra aan vergange se etse...
nà nog 'n Nescafè Gold
(en selfs 'n oorryp piesang...)
nà nog meer vrae aan die priem-oë
van die stom luiperd,
selfs aan die hout meerkat op die vensterbank
(hy knik sy kop, ek sweer)
ná nog 'n uur of twee se wonder...
wéét ek ons behoort,
want ons pas..
soos die pit in 'n perske

©Elsabé
Title: Re: Ons Hoort....
Post by: Ah Willa on June 07, 2012, 06:28:02 AM
sjoe - mooi verby mooi!
Title: Re: Ons Hoort....
Post by: adele on June 07, 2012, 06:37:51 AM
sjoeee, skitterend    :hello2:   

 :grommit:
Title: Re: Ons Hoort....
Post by: Angelica on June 07, 2012, 06:43:53 AM
Dankie, julle mooi mense.
Dis nou deur Meraai (op PM gaan na Durban-area) se noem dat ek dit kom plaas vanoggend.
Dat mens nou so moet slaaploos deur die nag gaan net om te weet wat jy alreeds weet, ne?
Title: Re: Ons Hoort....
Post by: Meraai vannie Baai on June 07, 2012, 06:44:31 AM
Jittttte ek lieffff dit. Daai pit in perske span die kroon en ek hoor jou gesels met alles om jou ... en die alleen eggo seer.

  :angel4: ek sluip gou terug met 'n 'ggggg' onder die arm  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Ons Hoort....
Post by: Ah Willa on June 07, 2012, 06:47:29 AM
Meraai jou kraai laat die diggie nog seerder wees : die alleen ego seer

jy moet jou eie uitdrukking gaan bewaar by die woordskuur ...

Angelica - dalk moet ons koffiedates reel in die nag .. en dan slaap ons in die dag - meskien - as ons gelukkig is ... is daar 'n 24hour Mugg-a-Bean??
Title: Re: Ons Hoort....
Post by: Angelica on June 07, 2012, 06:51:02 AM
Giggles... Yip, Willa, miskien.
Maar met Ouma wat nou onder my vlerk is, kan ek nie regtig rondloop saans nie... sal haar eers aan die fam moet toevertrou vir die naweek voor ek kan galavant.
Maar dat ons gaan party hou met Naas se boekbekendstelling, dis verseker.
Title: Re: Ons Hoort....
Post by: Meraai vannie Baai on June 07, 2012, 06:57:26 AM
Dankie vir drukkies Willa :notworthy: die 'eggo uitdrukking' is al in baie vorme hier op die erwe gebruik. Sal bietjie gaan loer na waar dit orals voorkom en dalkies kan ons 'n saamsmelt-bydrae skep met dit as titel.

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=1769.msg10813#msg10813 Angelica se woorde

 :color: kom las ek gou nog 'n 'gggggg'tjie by my eie ego voor Juffrou Gawie my sien  :love7: Dankie PM  :notworthy:
Title: Re: Ons Hoort....
Post by: Ah Willa on June 07, 2012, 07:01:23 AM
Klik na 'n plan - Kaalvoetplaas Gedig vir Pas hol-ego die waaroms mos .. sal dit ook hier by die forumfamilie se huis in my kammertjie gaan plaas
en my oe kyk heen en weer vir die Ego-Uitdrukkings se bewaar hoekie :-)

Dit is pragtig van jou Engeltjie, om ouma so onder jouse vlerkie te hou - daar is baie Oumapa's daar buite, weerloos gelaat in die winter!

Title: Re: Ons Hoort....
Post by: PM on June 07, 2012, 12:17:57 PM
Pragtig geskryf Engeltjie.  Beslis 'n moet vir die nuwe boek.   :hello2:

Skuus, ek wil net gou met Willa raas:  :icon_biggrin:

"Ons hoort" lag ek hier by myselwers Willa.  Daar "hoort" nog 'n g by ego om dit eggo to maak en daar "hoort" nie nog 'n m in jou kamertjie nie. 
As juffrou Gawie hier lees gaan sy jou tien maal laat uitskryf!  :angel4:
Title: Re: Ons Hoort....
Post by: Meraai vannie Baai on June 07, 2012, 12:45:30 PM
Heheheheheh... bulder ek nou diekant en loer waar is Gawerlina. Gelukkig kon ek betyds twee ggggggg's gaan insit waar my ego so egloos pronk  :icon_bigsmurf: :toothy4: Soos bygevoeg: PM onse forummoeder jy red ons basse. Dankbaarlik vir iewig enne biekie!!
Title: Re: Ons Hoort....
Post by: PM on June 07, 2012, 01:12:43 PM
 :sign10: Net omlat ek lief is "vi jille".  :angel4:
Title: Re: Ons Hoort....
Post by: Angelica on June 07, 2012, 01:18:31 PM
Dankie PM, dan maak ons dit sommer
Plasing No 1 - Ons Hoort
Title: Re: Ons Hoort....
Post by: Ah Willa on June 07, 2012, 05:41:19 PM
eggo eggo eggo eggo eggo eggo eggo eggo eggo eggo

kamer kamer kamer kamer kamer kamer kamer kamer kamer

homework done ... ek bedoel huiswerk klaar   :angel12:

en weereens het ek hierdie prag juwel van onse eie  :angel12: tjie so geniet   

dis 'n gryp-jou-siel-gedig
Title: Re: Ons Hoort....
Post by: Naas on June 07, 2012, 06:04:40 PM
Snipper en plak werk nie Ah Willa. Jy moet tien keer uitskryf nie snipper en nege keer plak nie.





 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Ons Hoort....
Post by: Angelica on June 07, 2012, 06:36:25 PM
Dankie vir julle belangstelling, ek waardeer.
Title: Re: Ons Hoort....
Post by: Naas on June 07, 2012, 07:18:23 PM
Jy ken my noggie goed genoggie. Ek kou en suig 'n perskepit tot al sy vleis af is voor ek met hom klaar is.
Jou gedig is een van daai wat my eers na 'n paar lese gaan aanspreek omdat dit soveel lae soos rou skilferdeeg het.
Met die eerste lees is die werkstuk vir my mooi maar daar is diepte wat ek nog aan moet herkou.
Moet nou nie jou glasslippertjies toewasem nie. Ek kom nog by die kommentaartjie. (Nog net so 185 vraestelle voor Sondag dan is ek daar)   :notworthy:
 :crybaby2: Ek issie op die oomblik Rakkernaas nie. Te veel skoolwerk maak my Swakkernaas.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Ons Hoort....
Post by: adele on June 07, 2012, 08:15:46 PM
eggo eggo eggo eggo eggo eggo eggo eggo eggo eggo

en weereens het ek hierdie prag juwel van onse eie  :angel12: tjie so geniet   
lekker glimlag ek vir jou huiswerk, onthou net pragjuweel   :love7:

 :grommit:
Title: Re: Ons Hoort....
Post by: Angelica on June 08, 2012, 05:40:42 AM
Apologie, Naas en Willa.
Ek het te vinnig reageer.
Gelukkig is ons nie almal dieselfde en kan julle heerlik baljaar terwyl die ou tannie toekyk.
Dankie, in elk geval, vir die afskil aan die lae van my geskrifte. 
Sterkte met die eksamens en vraestelle.  Dit moet 'n helse taak wees.
Title: Re: Ons Hoort....
Post by: PM on June 08, 2012, 08:25:29 AM
Dit gebeur nie in al die eie-plekkies waar almal inspring en saam kuier nie.  Kyk nou net hoe warm kou ons aan hierdie perskepit.   :icon_biggrin:
Dit bly 'n mooi gedig en ek is bly dit gaan boek toe. 
Title: Re: Ons Hoort....
Post by: Ah Willa on June 10, 2012, 06:47:55 PM
Meester Naas ek had nie gekroek nie .. regtig my huiswerk letter vir letter self getik ...
Dankie Adele ek sal probeer onthou .. los en vas toor met my kreukelkaMer  :hello2:

Ek stem 100% met Meester Naas .. hierdie gedig is 'n weer en weer en weer en weer lees gedig en elke keer spring iets nuuts van die perskepit na jou innerlike mond!
Title: Re: Ons Hoort....
Post by: Angelica on June 10, 2013, 07:12:21 PM
PM....  ek moet in 'Ons Hoort' ietsie verander.
Is daar nog tyd?

KFM94.5

en

soos die pit in 'n perske

++++
Title: Re: Ons Hoort....
Post by: Angelica on June 10, 2013, 07:18:59 PM
PM, ek het bietjie verander aan 'Ons Hoort'.
Ek hoop ons het nog bietjie tyd. Indien nie, dan is dit ok.
Ek weet ook nie of ek so baie komma's moet gebruik nie.  Adele, PM, Meraai....  ek het hulp nodig hier, asseblief.
Baie dankie.

Ella
Title: Re: Ons Hoort....
Post by: Angelica on June 11, 2013, 06:15:19 AM
NEEEeeeee.....
Haal uit daardie 94.5
NET  KFM

en dan gaan ek nou nie weer omdraai en verander nie.
Ek belowe.
Title: Re: Ons Hoort....
Post by: PM on June 11, 2013, 07:39:45 AM
Ag dit is so 'n klein verstellinkie, ek doen dit graag vir jou.  Daar is nog tyd.  As iemand nog foute sien of iets wil verander doen ek dit graag.
Ongelukkig kon ek nie die proefboek laat druk voor ons gery het nie, maar ek doen dit volgende week.  Dan is daar nog so twee weke tyd om veranderings aan te bring. 

Ek het dit gou gaan regmaak en gesien daar is geen kommas in die gedig nie.  Daar tussen (hy knik sy kop     ek sweer) is daardie "spasie" wat 'n ruspunt aandui. Ek hoop jy vind dit goed so. 
Title: Re: Ons Hoort....
Post by: Angelica on June 12, 2013, 06:51:47 PM
Het hier ingesluip... gedog jy gaan my oor my kop slaat met jou besem... giggles.
Jinne, jy is sooo 'n   :angel8: 'tjie.  Baie dankie.
Ja, dis 'n rusplekkie. 
Lief jou, PM.
Title: Re: Ons Hoort....
Post by: PM on June 16, 2013, 08:16:35 AM
Daar maak jy my dag, dankie Elle, ek lief jou ook sommer alles wat hol is vol.