Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Meraai vannie Baai on November 01, 2015, 11:59:13 AM
-
Goeie naand en goeie middag :toothy4: Hoop julle naweek was rustig en wat jy ook al gedoen het of nog gaan doen, 'n plesier was/is. Ons het die voorreg gehad om bederf te word met Meisiekind en ons klein Ausie-cowboy se kuiertjie hier. My hart gaan uit na die oumas en oupas wat ver woon of deur omstandighede verhinder word om hulle hartspunte gereeld te sien. Vandat ons jongste en sy gesin verhuis het na Amerika tel ons die seeninge van tegnologiese vooruitgang elke keer as ons hulle kan sien en hoor op die skerms. Vir die res van ons gesin is dit nog moontlik om 'n kuiertjie in te smokkel oor 'n naweek :notworthy:
Nou ja. Ek het darem ingeloer hier en nou is ons oppad 'kooi' toe. Gaan julle goed. Liefde. Ekke. :wave:
-
:love7:
-
Tegnologie red ons stêre op baie maniere nê. Ek staan nog verstom as ek sien watter wonderlike tegnologie vandag toegepas word in vergelyking met die my lewe op die plaas waar daar geen krag af water uit krane was nie. Die strykyster! Die koolstoof en die ou asfalt yskassie onder die boom. O ja, en die long drop! Wonderlik!
-
Baie keer gedink wat sou my ouma gese het as sy vandag nog gelewe het PM. Nou krap ek kop.... moet hier nou 'n vraagteken agter hierdie sin kom of nie?
-
Nee Nooi, jy maak 'n stelling, vra nie 'n vraag nie. :icon_biggrin:
-
Twopsies Ta Raaitjie:
1) Baie keer gedink; "Wat sou my ouma gese het as sy vandag nog gelewe het?"
of
2) Baie keer gedink wat my ouma sou gese het as sy vandag nog gelewe het.
:icon_bigsmurf:
-
Naas kan nie net Afrikaans praat nie, hy kan dit ook skryf! :love7:
Ek sien al hoe meer mense skryf 'n komma voor en. Wanneer kan jy wel 'n komma gebruik voor en?