Die Afrikaanse Forum
Voorstelle en klagtes => Waar is jy? => Topic started by: PM on November 16, 2021, 11:25:23 AM
-
Waar kruip julle weg?
Wat makeer?
-
Gatvol om met myself te praat. Nie goeie geselskap nie
:icon_bigsmurf:
-
Ag bollie! Ek sit al die hele naweek en gister en vanoggend hier en soek 'n praatjie-maatjie en hier is niemand nie!
Ek was al bang dat ek op iemand se tone getrap het. :crybaby2: :crybaby2:
-
Ek het opgegee omdat hier niemand wakker was nie.
:icon_bigsmurf:
-
Besig ook met inpakkery so nie baie spraaksaam nie. As ek inloer en niemand het iets gesê nie loop ek maar weer.
:icon_bigsmurf:
-
Hierdie naweek hier in Leeupoort was dit bloedig warm. Die kraaie het te warm gekry om te gaap. Ons is besig met die laaste stuiptrekkings dan val ons weer in die pad terug huis toe.
Hopenlik is dit nie so warm daar nie.
-
Ons het eksterne audit, en die week is rof.
Saans moet ek my tweede werk gryp, so dis soms hot agter haar, en ver van n klop disselboom af..
Jammer julle lieflike mense... ek skeep liederlik af....
-
Sodra ons net weet jy is besig en nie dikbek nie. :nono:
'n Vriendinnetjie praat met Hannes. Sy het net vandag uit die hospitaal gekom na haar sesde keel operasie. Bel haar asseblief en hoor hoe gaan dit! Ek bly maar so op die agtergrond. Hy moet ook mos maar 'n spreukbeurt kry!
Later skakel sy en wil weet of ek kwaad is vir haar! Hoe dan so! Jy het niks op dees aarde verkeerd gesoen nie, ek het maar net vir Pa (want dit is wat sy hom noem) 'n kansie gegee om alleen met jou te praat.
Seg ek vir haar: jy ken my mos, ek sal sommer gou my sê sê dan weet ons mos waar ons met mekaar staan. Ons sorteer sommer die ou haakplekkies uit dan is ons baie beter vriende, want ons verstaan mekaar beter, nie waar nie?
Ek weet nie wat ek sonder my "optelkinders" sal doen nie. Lief hulle almal 'n eend uit 'n dam uit! :love7: